Sokkereindstryd ‘n muishondparade

Deel op
“‘n Muishondparade. Dit is moeilik om ‘n ander indruk te vorm teen die agtergrond van sommige van die staats- en regeringshoofde wat genooi is om die eindstryd van die sokkerbertoernooi by te woon.”

Die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), ds. Theunis Botha, het gereageer op die nuus dat pres. Robert Mugabe en die koning van Swaziland onder diegene tel wat die eindstryd gaan bywoon.

“Die regering het hard probeer om ‘n trots in die kontinent aan te wakker, en kom skiet dan die hele konsep in die voet deur die kontinent se swart skape te vereer,” sê Botha, wat ook waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA) is. “Dit is nie die mooiste boodskap om aan potensiële beleggers uit te stuur nie.”

casino онлайнФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.