Nederland se goue era

Deel op

In Nederland is die kleur van goud oranje. Byna letterlik, as ‘n hoogleraar se stellings waar sou wees.

Dié Hoogleraar, José Bloemer van die Radboud Universiteit in Nijmegen, meen die Nederlandse ekonomie kan ‘n bykomende hupstoot van ‘n half persent kry as Nederland die sokker-wêreldbeker omhoog sou hou.

Hy baseer sy mening op die aanname dat meer mense in so ‘n geval Nederlandse produkte sal wil koop, en meer mense sal Nederland wil besoek.

Moontlik is Bloemer bietjie deur die euforie oorweldig wat hy self beskryf as: “Dat is gigantisch in deze tijd.”

Hy meen dat selfs sonder die wêreldbeker Nederland se ekonomie steeds sal baat. Supermarkte en kroeë skep meer winste, maar ook ander sektore proe aan die oranje-goud. Maar alles wat oranje blink, is ook nie goud nie. Restourante tel onder die bedrywe wat nou noustrop trek, met meer mense wat die sokker tuis op TV volg in plaas van om uit te gaan.

Na berig word het 8,5 miljoen Nederlanders die halfeindstryd teen Uruguay op TV gekyk. Bron: Trouw

деревянные светильникиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.