Kenia wys hoe om dinge nie te doen nie

Deel op

Enkele jare gelede is die skikking na ‘n gekookte presidentsverkiesing in Kenia as model voorgehou, en is dié model in ‘n afgewaterde vorm in Zimbabwe toegepas.

Pas het verskeie Afrikalande dikbek gereageer oor die toe beursies van die G-20, maar veral die G-8, of Kenia se parlement gaan keur ‘n salarisverhoging van 40 % aan sy eie lede toe.

Om sake in perspektief te stel: ‘n Amerikaanse kongreslid verdien $174 000 per jaar, maar Kenia se parlementslede wil elk $175 000 per jaar uit die ekonomie wurg. Pres. Barack Obama se salaris is $400 000 per jaar. Die voorgestelde nuwe salaris vir premier Raila Odinga is $486 000 per jaar. Daarby het Kenia nog ‘n semi-uitvoerende president ook.

In alle billikheid, Odinga het die salarisverhoging van die hand gewys.

Die gemiddelde inkomste per persoon in Kenia is in die orde van $1 600 per jaar, teenoor die VSA se bykans $50 000 per jaar in 2006. Boonop het die dollar in Kenya veel meer koopkrag as in die VSA.

Die totale salarisrekening vir die parlement sal nou $8,8 miljoen per jaar beloop, ‘n bedrag wat die minister van Finansies, Uhuru Kenyatta, sê hy nie in sy begroting het nie.

Dié vorm grypsug herinner aan die twee Bloemfonteinse munisipaliteite, beide bankrot en op die Ouditeur-generaal se rooi tapyt, wie se munisipale bestuurders hoër salarisse as die minister van Finansies verdien.

Die ontsteltenis wat Kenya se wetmakers internasionaal veroorsaak, sal bykans verseker dat donateurlande se hande maar aan die toe kant bly.

Juis hierom is dit noodsaaklik dat semi-staatsinstellings in Suid-Afrika ernstig kennis neem van presies hoe sleg dit in donateurs se gemoedere afgaan as bakhand gestaan word terwyl die ringkoppe se sakke bult. Omdat Afrika dikwels as ‘n eenheid beskou word – ook deur die kontinent se eie toedoen – kan dit so maklik veroorsaak dat dié misplaaste solidariteit ook lande wat wel verantwoordelik ontwikkelingebegrotings in stand probeer hou, onder dieselfde kam geskeer en benadeel word.

детские строительные инструменты купитьДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.