Eksodus uit die land vanweë xenofobie-gerugte

Deel op

Die situasie van vreemde burgers op die N1 naby die Paarl is “heeltemal” anders as dié van mense wat deur die xenofobiese geweld in 2008 verdryf is, het die hoof van rampbestuur in die Wes-Kaap gister gesê.

In 2008 was daar werklike geweld en dreigemente, en die staat het ‘n duidelike verantwoordelikheid gehad om te reageer, sê Hildegard Fast.

“Duidelik is die huidige situasie heel anders.”

Sy het gepraat by die toneel waar buitelanders, meesal Zimbabwiërs, by ‘n vragmotorstilhouplek op die N1 gekampeer het in die hoop om ‘n saamrygeleentheid noordwaarts te kry.

Vrees vir xenofobiese geweld

Vele het aan verslaggewers gesê dat hulle uit Kaapstad en die omringende dorpe vlug vanweë vrese dat ‘n hernieude vlaag xenofobiese geweld kan losbars as die sokkerwêreldbeker eindig.

Party het selfs meubelstukke by hulle gehad terwyl hulle langs die pad gewag het in die hoop om geleenthede by vragmotorbestuurders te kry.

Volgens Fast verlaat diegene by die vragmotorstilhouplek die land vrywillig en nie as gevolg van geweld nie. Hulle reageer slegs op gerugte.

“Ons benadering is dat ons baie versigtig moet wees om nie gerug op gerug te versprei nie,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat die landbouseisoen in die Wes-Kaap dié tyd van die jaar ten einde loop wanneer vele mense in elk geval vrywillig na Zimbabwe terugkeer, dus moet die kwessie ook binne daardie konteks gesien word.

Braam Hanekom, die woordvoerder vir die vlugtelingregte-organisasie Passop, het vroeër Dinsdag gesê dat dit “baie, baie treurig” is dat vreemde burgers so onbeskermd moet voe, en dat hulle bereid is om bloot op grond van gerugte “hulself uit die voete te maak”.

Dit moet egter in ag geneem word dat gerugte ‘n baie vyandige omgewing vir buitelanders skep.

Polisie reageer

Polisie in die Wes-Kaap was gou om te reageer, het hy gesê, en het weereens die veiligheidsforum heringestel wat na afloop van die uitbraak van xenofobiese geweld in 2008 opgerig is.

“Hulle het vir ons ‘n lys van elke polisiestasiebevelvoerder gegee wat ons 24 uur per dag kan kontak as daar enigiets van ‘n xenofobiese aard plaasvind,” het hy gesê.

Passop het die pogings wat deur politici op ‘n nasionale en provinsiale vlak aangewend word, erken.

Maar dis belangrik om munisipale raadslede, waarvan sommige in die verlede geweld teen buitelanders aangeblaas het, te kry om ‘n standpunt teen xenofobie in te neem.

“Die moeilikheid met hierdie gerug is dat dit soveel spanning in die gemeenskappe geskep het dat een geïsoleerde insident vinnig na ander gemeenskappe mag versprei,” het Hanekom gesê.

Hy het gesê dat benewens die buitelanders wat Kaapstad verlaat, daar ook verdrywings binne die stad self plaasvind, met mense wat uit die lokasies padgee na nywerheidsgebiede toe.

Smouse koop nie nuwe voorraad

Vele Somaliese handelaars in die lokasies handhaaf hul voorraad op baie lae vlakke of koop geen nuwe voorraad nie, vanweë ‘n vrees vir plundery.

Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder kolonel Billy Jones het gesê daar was “geen polisiewerk” betrokke nie aangesien die xenofobievrese tans net op gerugte gegrond is.

Die provinsiale kommissaris Mzwandile Petros het egter die veiligheidsforum byeengeroep en het burgerlike gemeenskapsorganisasies gevra om te help om mense se vrese te besweer.

advertising through socialтопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.