Mbeki oor misdaad gelooi

Deel op

Image

…kritiek vir Afrika

Advertensies het vandag in Suid-Afrikaanse koerante verskyn waarin daar ’n beroep gedoen word op president Thabo Mbeki om die styging in misdaad hok te slaan.

Deel op

Die Kaapse PSG-groep het ’n ope brief gepubliseer waarin Mbeki gevra word “om ons te wys dat jy omgee.” Verder lui die advertensie soos volg: “Ons kan slegs ’n bydrae maak in ’n stabiele Suid-Afrika.”

Mbeki berei tans sy toespraak vir die parlementsopening op 9 Februarie voor. Hy was onlangs in die spervuur omdat hy meen die meerderheid Suid-Afrikaners glo nie misdaad is buite beheer nie.

Eerste Nasionale Bank (ENB) het verlede week sy R20 miljoen-veldtog teen misdaad laat vaar en alle advertensies aan koerante onttrek. Die bank het skynbaar toegegee aan druk van ander sakeleiers wat bang was dat die sakegemeenskap hom die argwaan van die president op die hals sou haal.

Suid-Afrika het ongetwyfeld een van die hoogste misdaadsyfers op die planeet, met 18 528 moorde wat die afgelope jaar plaasgevind het.

кардиган для девочкиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.