Na ‘n eeu – waar is die volksdigters?

Deel op
‘n Eeu gelede het ‘n belangrike wet op die wetboek beland wat die status van Afrikaans sou verskans. Artikel 137 van die Zuid-Afrikawet het vir gelyke beregtiging van Engels en Nederlands voorsiening maak.

Hoewel Afrikaans eers, wat die wetboek betref, moes trustaan, was daar reeds in die aanloop van die Uniewording verskeie belangrike gebeure om Afrikaans momentum te gee.

‘n Groot deel hiervan was die rol van ‘n nuwe generasie digters. Jan. F.E. Cilliers, Totius en C. Louis Leipold was van die vernaamste figure wat die Afrikaner se bitter oorlogs- en na-oorlogslyding verwoord het. Hul gedigte was van ‘n veel hoër gehalte as die meestal rympies wat uit die eerste taalbeweging voortgespruit het.

Die nuwe generasie digwerk het egter nie net om die taal as taal gehandel nie, maar dit sterk laat hande vat met die Afrikaner se vryheidsideaal.

In sy werk, By die monument (1908), toon Totius ‘n profetiese geloof in die volk, wat net soos die taai besembos nie sal uitsterf nie: “Ek leef en sal lewe. My doodkry is min!” skryf hy.

In sy volgende bundel, Verse van Potgieters Trek, (1909), is die grondtoon een van ‘n volk met ‘n sterk vryheidsdrang. Hy gebruik die Groot Trek as model. In dieselfde jaar is die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst in die lewe geroep. Afrikaans is ingesluit in die term “Nederlands” waarvoor die lede hulle beywer het.

Het dit ‘n raakvlak met vandag, ‘n eeu later?

In Desember 1938 publiseer Die Huisgenoot ‘n Afrikaanse weergawe van Piet Retief se manifes wat op 2 Februarie 1737 in die Graham’s Town Journal verskyn het.

Lees ‘n mens dit, dan is dit ongelooflik hoe die toestande waarin die grensboere hulle destyds bevind het, met die huidige toestande van die Afrikaner ooreengestem het. (Hieronder weergegee).

Hierdie beginsels het soos ‘n goue draad deur die Voortrekkers, en later Boere se geskiedenis geloop – deur die verkiesingsproses van Retief as Trekkerleier, die inhoud van die Gelofte, die latere aanvaarding van republikeinse grondwette soos dié van die Republiek van die Oranje-Vrystaat wat op die Amerikaanse geskoei was.

Noudat omstandighede heers baie soortgelyk as dit wat Retief in sy manifes beskryf, waar plaasmoorde die omvang aanneem dat dit as volksmoord kwalifiseer, sou ‘n mens verwag dat die volksdigters die hand aan die pen sal slaan, soos Cilliers, Totius, Leipold en ander.

Dink net aan die ruimte wat gebied word aan ‘n jong, opkomende Afrikaanse digter om sy noodsaaklikstes in sy ryding te laai en die land vol te reis en onderhoude te voer met die naasbestaandes van vermoorde slagoffers, of slagoffers wat self aan die dood ontkom is maar dalk erg gemartel is. Hy sal, as hy sy sout werd is, ‘n bundel soos min kan uitbring, mits hy natuurlik ‘n uitgewer sal vind wat bereid is om dit te publiseer.

Die Afrikaanse digter se veld hoef ook nie tot plaasmoorde beperk te wees nie. Hy kan letterlik kies en keur aan temas, soos die impak van regstellende aksie. Die ellende wat dit in huishoudings bring. Of, as hy dan nie swartgallig ingestel wil wees nie, die pen te doop in verhale waar mense die terugslae van regstellende aksie oorkom het en weer op die been gekom het. “Doodkry is min” om Totius se woorde te leen.

Hoekom kry die Afrikaanse digter skynbaar net erkenning as hy ‘n verloopte Afrikaner is?

Breyten Breytenbach het na die val van apartheid dikwels sy mond erg oor die nuwe bedeling uitgespoel. Kom dit by die digkuns, skryf hy egter eerder ‘n lang gedig om sy ashoopstatus (in plaas van erkenning) te bewoord, maar gryp op die oog af nie met soveel ywer na die huidige ongeregtighede nie.

Veral op die internet duik daar wel gedigte op. Die uwe is geen letterkundige om die kwaliteit te beoordeel nie, maar hier en daar is daar pogings wat moeilik is om ‘n ander rede te vermoed as dat uitgewers nie gereed is om die sprong te maak nie.

Hoekom is dit relevant?

Skrywers en digters het gereeld die vaandel van ‘n stryd help dra, en deur dit ook letterkundig te giet word ‘n tipe status, ‘n fatsoenlikheid, daaraan geheg. Dit word dan nie meer net die stryd van die willewragtigs en die kakie-eendsterte nie. Dit kom in aanmerking vir die Hertzogprys, wat juis sy ontstaan het in ‘n geldinsamelingspoging om genl JBM Hertzog in ‘n hofstryd by te staan om te keer dat Engels meer gelyk as Nederlands (Afrikaans) manifesteer.

Juis nou gebeur dieselfde met Afrikaans. In die grondwet het dit gelyke status, maar sodra praktiese en selfs wetlike meganismes ingespan word om dit te bestendig, hang die regering se onderrok erg uit oor hoe dit die toekoms van die taal beskou.

Digters word as die gewete van die volk beskou, met ‘n missie om die saak van die “underdog” te dryf. Indien hy homself hiervan stroop, is hy as digter met ‘n missie nie meer inhoudelik as die rympiesmakers van die eerste taalbeweging nie. Trouens, waarskynlik minder, want daardie “rympiesmakers” het hulle vir ‘n saak beywer. Hulle was die voorlopers van die volksdigters. 

1. PIET RETIEF SE MANIFES
(Die Huisgenoot, Desember 1838)

Grahamstad, 22 Januarie 1837.
AANGESIEN daar talryke rapporte deur die hele Kolonie versprei is, blykbaar met die doel om vooroordeel op te wek in die gedagtes van ons medeburgers teen diegene wat besluit het om vaarwel te sê aan die Kolonie waarin hulle soveel jare ‘n hele reeks ergerlike en ernstige verliese gely het; en aangesien dit ons begeerte is om hoog te bly staan in die agting van ons broeders en ons begerig is dat hulle en die wêreld ons nie in staat moet ag om die heilige band te verbreek wat die Christen aan sy geboorteland verbind sonder daartoe voldoende redes te hê nie, is ons verplig om die volgende kort uiteensetting te boekstaaf van die oorsake wat ons beweeg om so ‘n stap te doen, en van ons voornemens aangaande ons optrede ten aansien van die naturellestamme waarmee ons in aanraking mag kom anderkant die grens:-

1. Ons wanhoop daaraan om die Kolonie te red van die euwels wat dit bedreig deur die oproerige en oneerlikie gedrag van vaebonde, wat toegelaat word om die land in alle dele te verontrus; en ons sien geen vooruitsig op vrede en geluk vir ons kinders in ‘n land wat op dié manier gekwel word deur inwendige beroeringe nie.

2. Ons kla oor die ernstige verliese wat ons genoodsaak is om te ly deur die vryverklaring van ons slawe en die ergerlike wette wat daar gemaak is met betrekking tot hulle.

3. Ons kla oor die aanhoudende plundering wat ons hier moet verduur van Kaffers en ander kleurlinge, en veral deur die laaste inval in die Kolonie, wat die grensdistrikte verwoes en die meeste inwoners geruïneer het.

4. Ons kla oor die ongeregverdigde blaam wat daar op ons gelê is deur belanghebbende en oneerlike persone onder die dekmantel van godsdiens, persone wie se getuienis in Engeland geglo is tot uitsluiting van alle bewysmiddele in ons voordeel; en ons uoorsien as gevolg van hierdie vooroordeel niks anders nie as die totale ondergang van die land.

5. Ons is uasbeslote om, waar ons ookal mag gaan, die regverdige beginsels van vryheid hoog te hou; maar terwyl ons sal sorgdra dat niemand in ‘n toestand van slawerny gehou word nie, is ons ook vas beslote om sodanige wette daar te stel wat misdaad sal onderdruk en ‘n behoorlike verhouding tnssen heer en diensbode sal bewaar.

6. Ons verklaar plegtig dat ons hierdie Kolonie verlaat met die begeerte om ‘n rustiger lewe te lei as wat ons tot hiertoe gedoen het. Ons sal geen volk molesteer nie en aan niemand die geringste eiendom ontneem nie; maar as ons aangeval mord, sal ons ons ten uolle geregverdig beskou om ons persoon en eiendom tot die uiterste te verdedig teen enige vyand.

7. Ons maak bekend dat, wanneer ons vir ons toekomstige leiding behoorlike wette neergelê sal hê, afskrifte daarvan na die Kolonie gestuur sal word vir algemene informasie; maar ons neem hierdie geleentheid tewens te baat om te verklaar dat dit ons vaste besluit is om voorsiening te maak vir summiere bestraffing van alle verraaiers wat daar onder ons mag wees.

8. Ons stel ons voor om in die loop van ons trek, en wanneer ons aangekom het in die land waar ons gaan woon, ons bedoelings en ons begeerte bekend te maak aan die inboorlingstamme, asook ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef.

9. Ons verlaat die Kolonie onder die uolledige versekering dat die Engelse Regering niks meer van ons te vorder het nie en ons sonder verdere bemoeiing sal toelaat om ons in die toekoms self te bestuur.

10. Ons vertrek nou uit ons vrugbare geboorteland, waar ons enorme skade gely het en voortdurend blootgestaan het aan ergernis, om ons te gaan vestig in ‘n woeste en gevaarlike gebied; maar ons gaan met ‘n vaste vertroue op ‘n alsiende, regverdige en genadige God, wat ons altoos sal vrees en in alle nederigheid sal probeer gehoorsaam.

P. RETIEF.

video casino slotstopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.