Skeefgetrekte rasionaal oor grond

Die aanslae op ons eiendomsreg met die klem op ons landbougrond neem in felheid toe met min. Tina Joemat-Pettersson aan die voorpunt. Uit die bloute word grondeienaars verras met ‘n nuwe slenter om 40% van ons eiendom aan die een of ander parasiet gekamoefleer as ‘n aandeelhouer af te staan.

Die agbare minister maak groot gewag rondom die volgende as rasionaal hoekom grond dringend en drasties herverdeel moet word:

  • Witmense besit agv apartheid 87% van alle grond.
  • ’n Gebrek aan waardigheid by die massa is gelyk aan ‘n gebrek aan toegang tot grond.
  • Toegang tot grond is gelyk aan voedselsekerheid.
  • Nouer samewerking met die staat is die sleutel tot oorlewing en groei.

Vergun my die volgende kommentaar op bg illusies:

By ‘n vorige herverdeling of afbakening van grond het lande soos Botswana, Lesotho en Swaziland hul ontstaan gehad; hiervoor is ongeveer 50% van van SA afgestaan. Dit laat die witmense en ander met 50%. Verdere herverdelings het plaasgevind waar spesifiek swartmense gronde in Kwa-Zulu Natal, asook in die Oos- en Noord-Transvaal van destyds, duisende vierkante kilometers grond ontvang het. Voeg hierby die latere TBVC-state, dan raak die 87% witmansgond belaglik en verregaande.

Dít wat ons oor het, is agv regeringsmanupulasie gereduseer tot ‘n bate wat baie handelsbanke sien as riskant en grondeienaars sodoende uitlewer aan die staat as enigste rolspeler.

Waardigheid, agbare mimister, word myns insiens gemeet aan verantwoordelike burgerskap en nie noodwendig grondbesit nie. Ek ken duisende waardige witmense wat nie ‘n duim grond besit nie.

Hoe belaglik om toegang tot grond as voorwaarde vir voedselsekerheid voor te hou teen die agtergrond van die staat se selferkende mislukkings met sy sg grondherverdeling waar derduisende uiters produktiewe plase misvorm is tot uitgestrekte, onkruidbegroeide, nikswerd grond.

Nouer samewerking wat op niks anders dui as onbeholpe staatsinmenging nie. Die vrye mark sonder inmenging reguleer homself. Goeie regering het ten doel om goeie infrastruktuur en ‘n veilige omgewing te skep waarin voedsel- en veselproduksie kan gedy.

Die agbare minister skroom nie om blatant te dreig nie. Haar ongevraagde opmerking dat, sou die boere nie gehoor gee en saamwerk (kapituleer) nie, dít wat in SA gaan kom Zimbabwe met sy bekende vergrype sal laat lyk soos ‘n teddiebeerpiekniek. Was die kwessie nie so ernstig nie, sou ek dit amusant gevind het.

Troos u die moeite en besin met u kollegas rondom die gesubsidieerde aanwas wat u kunsmatig skep om toekomstige onwaardige mense daar te stel wat nog groter druk op ons beperkte hulpbronne gaan plaas met gepaardgaande en nimmereindende konflik. Maak ‘n plan met die miljoene der miljoene onwettiges wat ons eindeloos dreineer en nog meer druk plaas op die groepie verantwoordelike en waardige mense wat hulle met dade beywer om hierdie land te maak werk. U en u regering het uitstekende infrastruktuur oorgeneem. Begin gerus by die lewensgevaarlike slaggate en verkrummelde paaie; hiermee kan tasbare en broodnodige onderbou vir voedselsekerheid verskaf word.

Aan medeboere: Hou aan en hou uit, koester julle eiendomsreg op die trant van: die boere is hier om te bly.

Aan die groter waardige gemeenskap: daar is nog Boere, daar is nog hoop!

casino free

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.