Eskom staak nie meer

Deel op

Suid-Afrikaanse vakbonde het hul dreigement van ‘n staking by die kragvoorsieningsmaatskappy Eskom laat vaar nadat hulle ‘n hoër loonaanbod ontvang het, waarmee vrese oor elekrisiteitsvoorsiening tydens die sokkerwêreld besweer is.

Wydverspreide kragonderbrekings sou ook vervaardigings- en mynmaatskappye se produksie inkort.

Vir die eerste keer het die vakbonde toegegee het dat ‘n staking onwettig sou wees onder die huidige wette wat werkers by die staatsbeheerde maatskappy daarvan weerhou om te staak omdat hulle ‘n noodsaaklike diens lewer.

Die besluit is gesamentlik geneem deur die amptenare van die Nasionale unie van metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) en die Nasionale unie van mynwerkers (NUM), wat die grootste vakbond by Eskom is met omtrent die helfte van die 32 000 personeellede wat daaraan behoort.

Die Numsa en NUM het gesê hulle het gevoel Eskom se aanbod van ‘n negepersentstyging was die beste wat hulle kon kry, en beide het besluit om nie die voorgenome staking te ondersteun nie.

“Ons dink dat dit ‘n ernstige aanbod is en het ons lede gevra om dit ernstig te bekyk. Ons is nie in ‘n posisie om ‘n onwettige staking deur werkers te ondersteun nie,” het Irvin Jim, die algemene sekretaris vir Numsa, aan die mediakonferensie gesê.

“Ons dring daarom by ons lede aan om in die lig van die nuwe aanbod aan geen onbeskermde staking deel te neem nie.”

Eskom het gewaarsku dat hy sy werkers sal straf indien hulle met die staking voortgaan.

Indien die staking sou gebeur, is daar ‘n waarskynlikheid van kragonderbrekings wat die land in die verleentheid sou stel en wat sokkergeesdriftiges gedurende die wêreldbeker vies sou maak. Stadions is met hul eie kragopwekkers toegerus maar miljoene kykers tuis voor hul TV sou geraak word.

Numsa het 7 500 lede by die elektrisiteitsmaatskappy, soortgelyk ‘n derde vakbond, Solidariteit, wat Eskom gevra het om teen Maandag sy aanbod te wysig alvorens hy ‘n besluit oor die staking sou neem.

Volgens die vakunies het Eskom sy loonaanbod tot nege persent vanaf 8.5% verhoog, byna twee keer die inflasiekoers van 4,6 persent, en het gesê dat hy ‘n behuisingstoelaag van R1500 per maand sou betaal, wat van die vorige aanbod van R1000 verhoog is.

Die vakbonde wou ‘n verhoging van nege persent sien, asook ‘n behuisingstoelaag van R2 500.

Hulle het belowe om druk toe te pas vir ‘n wysiging aan die wet wat alle Eskom-personeel, skoonmakers en veiligheidswagte inkluis, as noodsaaklike werkers klassifiseer en sodoende hul stakingsreg aan bande lê.

отделочные материалы для ваннойФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.