Tutu bekommerd oor ná-wêreldbeker

Deel op

Ná verskeie menseregteorganisasies, is Emiritus aartsbiskop Desmond Tutu nou insgelyks bekommerd oor xenofobiese geweld ná die sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika.

Tutu het blykbaar Saterdag ‘n beroep op swart Suid-Afrikaners gedoen om nie hul “broers” vanuit ander Afrikalande aan te val nie, aangesien vele uitgeweke swartes uit Suid-Afrika voorheen skuiling in Afrikalande gevind het tydens die sogenaamde “stryd teen apartheid”.

Die ANC se woordvoerder, Jackson Mthembu, het die gerugte van naderende aanvalle op buitelanders as “moedswillig en vals” bestempel.

In 2008 is 62 buitelanders uit Afrikalande deur plaaslike swartes doodgemaak en duisende is uit hul wonings verdryf.

трековые светильникиАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.