Vaarwel, Afrikaner

Deel op

Dan Roodt se artikel Vir ‘n nuwe kultuurpolitiek verg indringende ondersoek en kommentaar.

Alhoewel ek meeste van sy ontledings volmondig ondersteun, kry ek tog die idee dat hy nie die gietvorm van Afrikanernasionalisme wil agterlaat nie.Wat is die sin van nasionalisme in ‘n land wat jy nooit weer kan regeer nie? Om nog verder te gaan, wat is die sin van nasionalisme( of nasiebou) in ‘n land wat niemand meer suksesvol kan regeer nie?

Die laaste 200 jaar is ons voorgeslagte deur twee eras:

a) Die Boere-era wat met die Groot Trek begin en met die 1914-rebellie geëindig het.

b) Die Afrikaner-era wat die enigste roete na selfrespek in ‘n Britse kolonie nl. die Unie van Suid Afrika was. Die hoofdoel van die Afrikaner-era was om die Nederlandssprekende Kaapse koloniste (Cape Dutch) weer in die hoofstoom te betrek. (Onthou Hertzog is in die naam van Afrikanernasionalisme die wildernis ingedryf). Dit was die era van die Nasionale Party, die Broederbond, die N.G. Kerk en Naspers.

Ja, ons het met staatsmanne soos Hertzog en Verwoerd begin, maar kyk waarmee het ons geëindig: Pik Botha, F.W.de Klerk, Eugene de Kock en Roelf Meyer.

Daarteenoor was die Boere-era ‘n heroïese tyd wat met mense soos De Wet en De la Rey geëindig het. Hierdie era is slegs beëindig deur Britse volksmoord en om die Cape Dutch te akkomodeer.

Die Boere het ‘n ander kultuurgeskiedenis en lewensfilosofie as die Cape Dutch gehad. Die Cape Dutch het Afrikaans ontwikkel om met slawe en bediendes in die kombuis te kommunikeer, terwyl die Boere Afrikaans ontwikkel het om met mekaar vinniger te kan kommunikeer in gevaarlike situasies in hul strewe na vryheid.

Die Groot Trek het Calvinisme en die Reformasie die wildernis ingedra deur Hendrik Potgieter, maar ook die Verligting deur Piet Retief. Die Cape Dutch daarteen het getroue onderdane van koningin Victoria geword en deur hul kerk, die N.G.Kerk, die Voortrekkers ten sterkste veroordeel. Die N.G. Kerk wou hierdie groep “agterlike boere” nie eers van ‘n leraar voorsien nie.

Dit kom dus as geen verassing dat die Cape Dutch vandag verkies om deur ‘n Brits koloniale party, die DA, regeer te word nie.

Praag het onlangs ‘n veelseggende kommentaar op ‘n artikel deur Dawie van Die Burger “Hoeveel onse in jou pond?” gepubliseer. Daarin stel Dawie dit onbedoeld dat “onse Afrikaanse mense” en regse Afrikaners lankal nie meer een volk is nie.

Regse “Afrikaners” mors geweldig energie en tyd om met “onse Afrikaanse mense”, die hedendaagse Cape Dutch, in debat te tree, en die frustrasie van Dan Roodt is verstaanbaar.

Die begrip “Afrikaner” het sinoniem met rugstekery en verraad geword, vandaar dat geen Afrikanerleier meer vertrou word nie.Die rede is voor die hand liggend: dr. D.F. Malan het mense bymekaar gebring wat kultuurhistories nie by mekaar hoort nie. Hierdie mense is m.b.v. Naspers in ‘n kraal gehou deur vrees, eers swart gevaar, toe rooi gevaar en nou wit gevaar.

Terwyl Suid-Afrika toenemend ‘n falende staat word (ek hoor gister ons werkloosheid is nou die hoogste in Afrika suid van die Sahara), is dit nie tyd dat ons as “Boere” ‘n ontsnaproete soek i.p.v om met “onse Afrikaanse mense” in ‘n steriele debat betrokke te raak oor Afrikaner/Afrikaanse/Suid-Afrikaner of oor taalbeleid op Stellenbosch nie.

Praag het ‘n prysenwaardige rol gespeel om die saak van die Boere internasionaal te stel; ons Boere wil egter vir Dan Roodt as ‘n Boer verwelkom. Kom deel saam met ons die mistiek van Boer-wees, jy hoef nie ‘n plaas te besit daarvoor nie.

светодиодные лампы москватопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.