Sokker en rassenasionalisme

Deel op

Dit is interessant dat Suid-Afrikaanse swartes, sowel politici as gewone mense, deur die bank swart sokkerspanne ondersteun. Nadat die Bafana Bafana in die eerste rondte van die wêreldsokkerbeker uitgeval het, het die aandag na Kameroen en veral Ghana verskuif.

Ghana is eers Vrydagaand deur die span van Uruquay uigeskakel. Maar nie voordat die span deur swart TV-nuuslesers, president Jacob Zuma, asook Nelson Mandela, geëer is as “ware verteenwoordiger van Afrika”  nie.

Die identifikasie van swart politici en sokkerondersteuners met swart spanne geskied onwillekeurig en natuurlik. Aan die ander kant sou dit ondenkbaar wees vir, sê maar, die Sweedse koningsgesin om die Duitse sokkerspan te besoek en aan hulle te sê: “Julle dra die mantal van die Europese beskawing op jul skouers.” So iets sou onmiddellik as rassisties getipeer word, want blankes mag mos nie blanke sportspanne ondersteun nie, terwyl die omgekeerde wel toelaatbaar is.

Sulke insidente illustreer egter aan ons in welke mate die swartmense van Afrika ‘n identifikasie op grond van ras as natuurlik en vanselfsprekend aanvaar. Hulle is selfs trots daarop om ander swartes in hul sportstryd teen nie-swart spanne te ondersteun.

Vir Suid-Afrika is daar ‘n belangrike les hieruit te leer. Die land leef al klaar met ‘n groteske anomalie in sy grondwet, naamlik dat die land “nie-rassig” sou wees.
Verduideik die begrip “nie-rassigheid” aan swart sokkerondersteuners. Of Nelson Mandela.синус лифтинг стоматологияФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.