Met president Zuma en ander wat gaande oor die Ghanese sokkerspan is, het ook Nelson Mandela besluit om “die Swart Sterre” te besoek, volgens sy stigting wat gister ‘n verklaring uitgereik het.
“Nelson Mandela is vanmiddag aan lede van die Swart Sterre-sokkerspan en hul bestuurder, afrigter en tegniese span by sy huis in Houghton voorgestel,” het die woordvoerder vir die Nelson Mandela-stigting, Sello Hatang, gesê.
Die span het vroeër vir Winnie Madikizela-Mandela en haar familie by haar huis in Soweto ontmoet, het hy gesê.
Mandela het ‘n brief gestuur waarin hy die span sterkte in hul wedstryd teen Uruguay Vrydagaand toegewens het.
Hy het gesê Ghana het die hele vasteland goed verteenwoordig en hoewel hulle nie vir halfeindrondte gekwalifiseer het nie, kon hulle kop omhoog terugkeer huis toe.