Deutschland über (amper) alles

Deel op

Die afranseling wat Argentinië by die Wêrelbekertoernooi se doelevraat, Duitsland, gekry het verbeter die kanse by die wedstryd dat Duitsland en Nederland se Oranje mekaar in die eindstryd die stryd gaan aansê.

Nederland kom in die halfeindstryd teen Uruguay te staan, terwyl Duitsland met die wenner van die wedstryd tussen Spanje en Paraguay sal moet afreken.

Nederland lyk byna verseker van ‘n plek in die eindstryd, met Uruguay wat ietwat gelukkig was om met die “laaste hoop van Afrika, Ghana,” af te reken.

Spanje het sy sokkies opgetrek toe dit begin lyk het of hierdie toernooigunsteling Italië en Engeland huis toe sou volg. Kenners is dit egter nie eens dat Spanje ‘n maklike taak sal hê nie.

Duitsland was in die derde minuut danksy ‘n kopskoot op die telbord, maar hierna het die doele lank opgedroog. Na rustyd het dit gelyk of die Argentyne die saak gou wou omkeer en beklink, maar dit was gou duidelik dat die Argentyne se asems gejaag het. Duitsland het hierna nog drie doele ingeryg, om sy reputasie as die toernooi se doelevraat gestand te doen.

Die ophef wat van Ghana gemaak is, het dié Afrikaland se dapper spelers geen guns gedoen nie. Net te veel van die voorspraakmakers vir Ghana het die span as swart span beklemtoon, en ‘n onsmaaklike rassekwessie van die saak gemaak. Wat hierdie voorspraakmakers betref, was die Algeryne nooit deel van die toernooi se Afrika-aanslag nie.

Duitsland het sy oorwinning tot die duidelike vreugde van kanselier Angela Merkel behaal, wat die gas van ‘n duidelike dikbek pres. Jacob Zuma was.

пескоструй для karcherОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.