Oranje deur na halfeind

Deel op

“Oranje mag nou glo in die eindstryd.” So berig Trouw oor Nederland se historiese oorwinning oor Brasilië.

Die Oranje-masjien het Vrydagmiddag gewys dat die span die versneller nog dieper kan trap, en het die sokkerreus Braslië met die kous oor die kop huis toe gestuur.

Vooraf was tot die Nederlandse pers vol vraagtekens of Nederland sy oninspirende, maar wenpogings, nog ‘n stappie verder sou kon voer. Om Brasilië te troef sou dit nodig wees.Vir nege minute het dit gelyk of die manne in Oranje geglo het ‘n stadige tempo sal die ding doen, maar toe word ‘n langafstand-skop dwarsdeur die Nederlandse span tot by Robinho voor die doelhok geskop, en die bal tot agter in die net aangehelp.

Hierna het die Nederlanders wakkergeskrik, die poer-poer was iets van die verlede en kon die toeskouers na spel kyk wat die klien eindstryd waardig was. Hoewel Brasilië ‘n paar keer amper die doelhok gevind het, was dit die Nederlanders wat punte gekry het. Wesley Sneider, die derde keer die man van die wedstryd, het in beide doele ‘n voetjie in gehad. Die tweede keer het hy self sy kop gebruik en die doel syne gemaak.

Beide Kaka en Arjen Robben is goed opgepas, en daar was slegs kort periodes waarin die twee baltowenaars hul kunsies kon uitstal.

Nederland kan nog aanvallender speel, maar of die Oranje-masjien in hierdie toernooi waar ‘n aanvalsglips die span die wedstryd kan kos, werklik voluit sal baljaar is te betwyfel. Tot dusver het die span die versneller net diep genoeg getrap om die opponente te klop, anders as byvoorbeeld Duitsland wat meer tot ‘n alles-of-niks wedstrydstrategie ingestel is.

casino online noАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.