Uitspraak vandag in Selebi-verhoor

Deel op

Uitspraak in die verhoor van die nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se korrupsieverhoor word vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof gelewer.

Selebi staan tereg op korrupsie in verband met tot R1,2m wat hy na bewering van verskeie mense in ruil vir gunste ontvang het, asook aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Gedurende die finale argumente vroeër in Junie, het die staatsaanklaer Gerrie Nel gesê dat die staat Selebi se skuld bokant redelike twyfel bewys het, terwyl die verdedigingsadvokaat Jaap Cilliers gepoog het om twyfel oor die getuienis van Glen Agliotti, die staat se hoofgetuie, te saai.

Nel het gesê dat alhoewel Selebi verseker het dat geen papierspoor bestaan van die omkoopgeld wat hy van Agliotti en die Kebble-mynfamilie ontvang het nie, die staat nietemin sy skuld bewys het.

Cilliers het getuienis uitmekaar geskeur wat deur Agliotti gelewer is en gesê die staat het sy hele saak gegrond op ‘n “oneerlike, gevaarlike man” en “valse beweringe teen Selebi”.

Selebi het skuld op al die aanklagte teen hom ontken.

мультики машинкипрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.