Amerikaanse toeris in Johannesburg geskiet

Deel op

‘n Amerikaanse toeris is tydens ‘n rooftog in Johannesburg geskiet, net nadat hy van die Gautrein afgeklim het om sy vakansie in Suid-Afrika te begin.

‘n Woordvoerder vir die polisie, luitenantkolonel Leon Engelbrecht van die Wêreldbeker-gesamentlike-operasiesentrum, het gesê die 35-jarige David Bueche is aangerand en in die arm geskiet nadat hy Marlboro-stasie net ná 21:00 Woensdagaand verlaat het.

“Hy het in Northwaystraat van die Gautreinstasie na ‘n jeugherberg gestap,” het Engelbrecht gesê. “Hy is aangerand, geskiet en beroof deur vier mans in ‘n onbekende voertuig.”

Bueche het so pas die land aangekom en het die Gautrein van Johannesburg-lughawe na die Marlboro-stasie geneem. Hy is na die Sunninghill-kliniek geneem waar sy toestand as stabiel beskryf word.

“Hy is met vakansie hier en nie vir die wêreldbeker nie,” het Engelbrecht gesê.

Geen inhegtenisnames het nog geskied nie.deposit freeФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.