Federer deur na kwarteindronde

Roger Federer het Maandag met vlieënde vaandels deurgedring tot  Wimbledon se kwarteindronde, terwyl Rafael Nadal hoop dat sy kniebesering hom nie sal verhoed om ook een van die laaste agt te wees nie. 

Die twee verdedigende kampioene, Federer en Nadal, het die vierde ronde begin in die hoop dat hulle probleme agter die rug is nadat hulle ‘n wankelrige begin in die toernooi gehad het.

Federer, wat mik vir ‘n sewende Wimbledon-titel, het sy kritici stilgemaak toe hy 6-3, 6-2, 6-3 gewen het teen die Oostenryker, Jurgen Melzer.

“Dit voel wonderlik. Ek het geweet dit gaan ‘n moeilike wedstryd teen Jurgen wees,” het Federer gesê.

Hy sal nou vir Tomas Berdych moet aanpak in die kwarteindronde.

стенд развалпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.