Oranje-optog: Klein eindstryd Vrydag

Deel op

Baie mense sou dié twee spanne graag in die eindstryd wou sien sake uitspook, maar die loting het bestem dat net en span na Vrydag nog ‘n aanspraakmaker in die wêreld-sokkertoernooi sal wees.

Die Oranje van Nederland stamp Vrydag in Port Elisabeth koppe met Brasilië, nadat dié twee spanne nog ‘n stappie verder gevorder het. Nederland het ‘n mede-Europese land, Slowakye die loef afgesteek, en Brasilië het met ‘n mede-Suid-Amerikaanse span, Chili afgereken.

Dit is ‘n groot jammerte dat dié twee spanne nie later in die toernooi swaarde kruis nie. Brasilië is die span wat miskien die mees flambojante spel tot dusver opdis, terwyl Nederland elke keer genoeg voet op die petrol sit om opponente uit te skakel. Hieruit kan maklik afgelei word dat Brasilië die absolute gunsteling moet wees, maar in die proses word vergeet dat die Nederlanders self ernstige doelevrate kan wees, soos die ses doele wat in ‘n oefenwedstryd teen Pole getuig.

Vrydag se kragmeting beteken ook dat twee van die wêreld se beste spelers teen mekaar te staan kom – Brasilië se Kaka en Nederland se Arjen Robben. Hoewel Robben na ‘n besering nog min speelkans gehad het, het hy in die tyd wat hy op die veld was gewys dat hy ‘n yster is. Teen Kameroen was Robben skaars op die veld, of hy skep vir ‘n spanmaat ‘n doel, en teen Slowakye het hy weer na die middelveld gespeel en self die doelhok opgesoek.

Kaka moes self ‘n wedstryd na twee geelkaarte uitsit, en was teen Chili miskien ietwat minder sprankelend, maar ‘n handgranaat is ook doodstil voor dit afgaan.

Hoewel Chili by tye behoorlik deur Brasilië oorskadu is, het dié jong span sy veel meer geroemde teenstander ook lang tye goed besig gehou, en selfs met veral lang aangeë daarin geslaag om balbesit lank te behou. Nederland behoort veel stywer teenstand te bied.

модная школьная одежда для девочки 2016 недороголобановский александр дочь

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.