Maxipers op dreef

Deel op

‘n Rukkie lank was ons uitgespaar van die neerslag van die Maxipers (Naspers se naweekpers met Max), maar dit slaan nou al hoe meer in felheid toe. Toe Max hom verlede naweek so vir die heroprigting van die Koffierepubliek beywer het, het ek my van kommentaar weerhou. Dié keer vra Max egter die lesers moet, en ek haal aan: “”Ons moet ons eie mense ook begin regwys as hulle twak praat.”

Ek glo Max bedoel ook mense wat twak skryf, en daarom begin ek sommer by Max.

En Max, ek gaan sommer lukraak by ‘n punt begin: Max vra of ons ons kan indink watter uitwerking dit sou hê as georganiseerde landbou môre met ‘n ambisieuse, werkbare plan sou kom vir grondhervorming eerder as om net te kla en ‘n Zimbabwe te voorspel.

Nou, Max, wat dan van die Landboumeesterplan wat onder andere deur pres. Thabo Mbeki en ‘n rits ministers saam met die georganiseerde landbou onderteken is, na lank hieraan gewerk is? Die ink van die handtekeninge was nog nie droog nie, toe ruk die destydse minister, Tôkô, ‘n eensydige braaksel in die Oos-Kaap uit, wat basies alles wat in die “ambisieuse plan” tot niet maak. En Max, by die landbouberade waar ek was, was dit mense van die ANC se kant (swart mense as jy dan nou so behep is om wit gewetens teen swart sentimente op te stel), wat onder groot toejuiging gesê het Mugabe moet na Suid-Afrika gebring word om grondhervorming te dryf. En hoeveel jare het Vrystaat Landbou nie sy mentorprogramme aangebied nie? Maar is deur die regering geminag. En miskien moet jy, Max, bietjie TLU SA se mediaverklarings lees (jy weet, dit wat mens doen om inligting via die geskrewe woord te bekom) eerder as om te teer op vooropgesette idees.

En Max, gaan bietjie kerk toe. Ek lei af dis nie iets wat jy eintlik doen nie, want as jy kerk toe gegaan het, sou jy kennis geneem het van hoe swaar dit ekonomies in wit geledere ook gaan.Diakonale hulpfondse wat uitgeput is, klere insamel, kospakkies wat gevra word… Vra ‘n swart karwag wat sy werk is, en hy sê hy soek nog werk. Vra ‘n wit karwag, en hy sê hy is ‘n karwag. Moenie aanneem die een het werk en die ander nie. En moet nou ook nie met die SAKP-Jeug se redenasies kom oor wit mense wat nog so op apartheid teer en van voorspronge nie. By sommiges is dit stellig so, maar … gaan kyk byvoorbeeld na die gemiddelde gesinsgroottes (ook van die Prez) as deel van ‘n strategie om uit armoede te ontsnap. Gaan kyk byvoorbeeld hoeveel Afrikaners is in diaspora om nie ook hier werkloos te sit nie.

Die misdaadslagofferstorie het ook twee kante. Die plaasaanvalstatistiek is al net so “afgesaag” soos die weergawe dat die swart mense in die swart woongebiede erg onder misdaad deurloop. Vir ingeval jy dit gemis het, of al vergeet het. Die wêreldwye moordsyfer is 5 per 100 000 per jaar, en in Europa maar een. In Suid-Afrika is dit omtrent 40 per 100 000 per jaar maar instansies soos die MNR sê dit is beslis meer. Volgens Interpol is die moordsyfer onder boere en hul gesinslede sowat 300 per 100 000 per jaar.

Jy mag dalk reken dis nou nie iets om oor huis toe te skryf nie, maar tradisioneel word die hoogste moordsyfer vir ‘n identifiseerbare groep ter wêreld as die bruin mans in die Wes-Kaap opgegee. Dit is ‘n reuse 90 per 100 000 per jaar. Dit word aan die aktiwiteite van bendes en die dwelmbendes se “kultuur” toegeskryf, naweek-dronkenskap, mesgevegte. Ag man, jy is mos nou al lank genoeg in daai wêreld om te weet waarna die ouens verwys wat dié soort internasionale statistiek byhou.

Hierteenoor is die boere wat vermoor word mense wat ‘n gewone gesinslewe het, wat Sondae kerk toe gaan (en al verskeie kere na kerk vermoor is), wat reeds vreeslike onkostes aangegaan het om hulsel te beveilig, wat nie met dwelms smous en hulle oor naweke aan drank vergryp nie. En waar daar manne is wat die Oog opsoek, het die moorde uiters selde iets daarmee te make.

Sien jy nou, Max, hoekom jy so in die kol is waar ek jou weer aanhaal: “Onkunde is ‘n gevaarlike ding.”

En Max, jy kan nie sommer vir Malema en sy mede-sangers liggies afmaak nie. Nie as die regering (lees: ANC) appèl aanteken teen ‘n hofbeslissing dat die singery van “Skiet die Boere” op haatspraak neerkom nie.

Nie as die regering ‘n stadion na Peter Mokaba vernoem nie. Jy weet, die man wat “Kill the Boer, Kill the farmer,” ‘n treffer gemaak het. En allerlei lofprysings van hom op Fifa se webwerf laat plaas nie.

Nie as ‘n regering “versoening” verstaan as die proses waar die skikking oor plekname verstaan dat alle name met ‘n Afrikaanse herkoms verwyder moet word, en met die swart name vervang moet word nie. Jy weet, daai name wat in gebruik gekom het na die Koi-San, Griekwas, Korannas en selfs die Voortrekkers al ander name aan die plekke gegee het).

Of Suid-Afrika nou ‘n piesangrepubliek is of nie, sal ‘n mens eintlik eers kan bepaal wanneer Fifa sy besettingsmag onttrek het. Waar Fifa wel nog ruimte laat dat die regering iets kan sê kom die piesangrepubliek retoriek steeds mildelik na vore, soos die planne om ‘n sneltrajeklyn soos die Gautrein van Sasolburg na die Gariepdam te bou. Jy weet, in dieselfde provinsie waar die hof nou al verskeie staatstenders tersyde gestel het en selfs hertoegeken het. Jy weet, die provinsie wat soos die ander gereeld in die nuus is oor hoe dit met die hospitale gaan. Jy woon nou in ‘n provinsie wat nie deur die ANC beheer word nie. Spieks dus fôr jôrself as jy menings oor piesangrepubliekstatus wil uitspreek.

Max, as jy ander rubrieke in Naspers lees as jou eie, en dié van Henry Jeffreys, Zelda Jongbloed en kie, sal jy ook agtergekom het dit deug nie om Antjie Somers na te praat oor ‘n “Beg to be black” nie. Nee, die politieke kultuur – as dit by mekaar wil uitkom – moet nie so bitterlik eensydig beoordeel word nie.

Ai man, daar is “nieu-konserwatiewes” wat net begin reken het jy het nou periodiek die lig begin sien. Lyk my toe hoor jy Piet Croukamp” verwys na nou skryfsels as ‘n “gekerm oor wat verkeerd is” en nou probeer jy weer, soos jou fiksasie met Bram Fischer, weer rooier as die pienkes wees.

Ek hoop regtig iemand wie se goed nog deur Naspers gepubliseer word, maak van die “Reg op repliek” gebruik om jou weer ‘n bietjie op die vingers te tik.

Groete van huis tot huis

(Oepsie, jammer, ek moet dit terugtrek. Mev. Oor sê as ek dit nie uithaal nie, slaap ek koud vanaand, en dis snags nou bitterlik koud in die Vrystaat. (Die ou Oranje-Vrystaat waarin jy grootgeword het, maar nou meer bekend as Potholes. Slaggate, soos die ou wat stilhou om nie die hasie te trap wie se ore by die slaggat uitsteek nie. Toe’s dit al die tyd ‘n donkie).

интернет магазины детских игрушек киевДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.