Frankryk en Ivoorkus steeds haaks

Deel op

Image

Laurent Gbagbo

Die Ivoorkus-president, Laurent Gbagbo, het in 2000 aan bewind gekom. Hy word deur vele waarnemers as die grootste struikelblok op die weg na vrede in dié Wes-Afrikaland beskou. President Jacques Chirac het hom al selfs met ‘n fascis vergelyk. Hy het onlangs egter vriend en vyand verstom deur  “direkte dialoog”  met sy teëstaander, Guillaume Soro, te bepleit. Soro is die leier van die rebelle wat die noordelike gedeelte van die land beheer.

Deel op

Op 5 Februarie 2007 het verteenwoordigers van Gbagbo en die rebelle in Ouagadougou, Burkina Faso se hoofstad, ontmoet.

Volgens Brigitte Girardin, die Franse minister verantwoordelik vir samewerking met Afrika, is daar tans nog 3 500 Franse soldate in die Ivoorkus wat die prekêre vrede probeer handhaaf. Volgens haar het die Franse troepe net een doelwit: “ Om die Verenigde Nasies (VN) te ondersteun sodat die Ivoriane hulle president demokraties kan verkies”.

Sy het die samesprekings in Burkina Faso verwelkom en gesê: “Ons is nie daar om ons Ivoorkus-bondgenote te vervang nie en ook nie om hulle werk te doen nie”.

Sy sien ontwapening en die sogenaamde identiteitskrisis as die Ivoorkus se twee grootste probleme. Daar is tans sowat twee miljoen inwoners sonder identiteitsdokumente. Frankryk dring daarop aan dat hierdie mense se etniese herkoms nie bevraagteken moet word nie, maar dat hulle onmiddellik identiteitsboekies moet kry sodat hulle name op die kieserslyste kan verskyn.

Tot dusver het Gbagbo nog nie gehoor gegee aan die VN-veiligheidsraad se resolusie 1721 van Oktober 2006 om die identiteitskwessie aan te spreek en die vegtendes te ontwapen sodat die presidensiële verkiesing teen Oktober vanjaar gehou kan word nie.

Die Franse militêre operasie in die Ivoorkus kos Frankryk sowat 250 miljoen Euro per jaar. Die troepe is soontoe gestuur toe chaos in 2004 uitgebreek het en omtrent 8 000 Franse inderhaas landuit moes vlug. Volgens Girardin sal die Franse burgers slegs terugkeer as die huidige “veldtog van dreigemente en laster” teen hulle beëindig word.

свет италияЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.