Suez gesluit vir duisende Amerikaanse en Israelse soldate

Deel op
Egipte het ten minste ‘n Israeliese en 11 Amerikaanse oorlogskepe deur die Suez-kanaal deurgelaat om ‘n Iranse flottielje wat tans na Gasa vaar, te begroet. Egipte het die kanaal gesluit om die duisende soldate te beskerm, volgens die Britse Arabiese-taligekoerant Al Quds al-Arabi.

Internasionale ooreenkomste vereis dat Egipte die Suez moet oophou selfs vir oorlogskepe, maar die armada, gelei deur die USS Truman met 5 000 matrose en mariniers, is die grootste in jare. Egipte het die kanaal vir vissers- en ander bote gesluit toe die armada verby die strategiese gang wat die Middellandse See en Rooi See verbind, beweeg het.

Ten spyte van Egipte se weiering om die kanaal te sluit vir Iranse vaartuie, kan die goedkeuring vir die Amerikaans-Israeliese vloot ‘n waarskuwing aan Iran wees dat hulle militêre opposisie in die gesig staar as die Iranse Rooikruisskip op koers bly na Gasa.

Die skepe kan hulle reg om die Iranse boot vir die onwettige vervoer of wapens te inspekteer, uitoefen. Newsweek berig dat Egiptiese owerhede die Iranse skip vir weke kan ophou, met behulp van tegniese verskonings, soos dat alle amptelike dokumente vertaal word van Persies in Arabies.

Die tydskrif se webwerf het ook berig dat die Iranse vloot die swakste deel van hulle gewapende magte is. Teheran het alreeds ingekalwe nadat hulle eers aangekondig het dat die Iranse skepe van “vrywilliger mariniers” van die Iranse Rewolusionêre wag gebruik gaan maak om die vaartuig te vergesel.

Die Iraanse nuuswerf Hamsayeh.net beweer “die skuif hou verband met die VSA se self-toegediende embargo teen Iran wat gemik is daarop om skepe vir verdagte goedere wat verband hou met die land se kernprogram te inspekteer.”

Israel kan dalk teenstand vanuit Libanon ook verwag, volgens ingeligte militêre bronne.

Israel het die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, gewaarsku dat Israel militêre mag sal gebruik, indien nodig, om die bote om te stop. Een vaartuig dra ongeveer 70 vroue passasiers asook bemanning georganiseer deur Hizbullah-ondersteuner Samar Al-Hajj. Haar man is een van verskeie tronkverdagtes wat betrokke is by die moord van voormalige Libanese eerste minister en anti-Siriese voorstander Rafik Hariri.

Al Hajj verlede maand met Hizbullah leier Hassan Nasr gesprek gevoer.

зарядное устройствоФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.