Zuma belowe R15 miljard se huise

Deel op
Die regering beoog om R15 miljard op behuising te spandeer, het president Jacob Zuma aangekondig. 

Zuma het dié aankondiging by die opening van ‘n behuisingsprojek in Oos London gemaak.

Die president het die loods van 8 000 behuisingsprojekte landwyd bekend gemaak.

“Ons gaan ook baie van die 2 700 plakkerskampe wat langs stadsgebiede ontstaan het ombou om die lewensgehalte van inwoners te verbeter,” het die president belowe.

Volgens Zuma konsentreer die departement van menslike nedersettings daarop om behuising te bied in areas wat naby ekonomiese geleenthede, vervoer en stedelike gebiede is.

Zuma het ‘n beroep op die jeug gedoen om self verantwoordelikheid te neem vir die verbetering van dié plakkerskampe deur bome, plante en groentetuine te plant.

“Dit is ons verantwoordelikheid om te bewys dat groen woonbuurte oral moontlik is,” het hy gesê.

jackpot casinoФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.