Volatiele aarde

Deel op
Met die jaar wat na die halfpadmerk aanstap, was daar reeds kort-kort nuus oor aarbewegings, sommiges sterk en sommiges verwoestend.

Die aarde is ten minste 33 keer vanjaar reeds in skuddings van sterker as 3,8 op die Richterskaal geskud. Die sterkste, wat Chili geskud het, was 8,8.

Wat miskien ‘n joernalis of twee sal inspireer om kenners te skakel, is dat vier van die nege wat vanjaar sewe of meer op die Richterskaal geregistreer het, sedert die begin van Mei hul ding gedoen het. Hierdie vier het almal in ‘n lyn tussen Indië en Japan voorgekom.

Kalifornië is reeds vyf keer vanjaar geskud, hoewel nie een keer baie sterk nie. Op 4 April is die Meksikaanse Baai van Kalifornië egter met ‘n skudding van 7,2 geskud, aansienlik sterker as die 7 wat vir die Haïtiaanse ramp aan die begin van die jaar verantwoordelik was.

запчасти на насосные станциитопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.