Die Bafana Bafana verkeer op die punt om geskiedenis te maak deur die eerste span van ‘n gasheerheerland te word wat in die eerste rondte van ‘n wêreldsokkertoernooi uitgeskakel word. Maar volgens die minister van sport, Makhenkise Stofile, is dit net ‘n “tydelike terugslag” en moet “Suid-Afrikaners” nie “opgee oor Bafana Bafana” nie.
Tydens die swart Suid-Afrikaanse span se verpletterende neerlaag van 3-0 teen Uruguay het die doelwagter Itumeleng Khune insgelyks die geskiedenisboeke herskryf deur slegs die tweede doelwagter ooit te word wat ‘n rooi kaart tydens die toernooi ontvang.
Met Meksiko en Uruguay wat teen mekaar speel in die laaste wedstryd in die huidige rondte, hoef enigeen van dié twee spanne net gelykop te speel om tot die sestiende finaal deur te dring. Suid-Afrika speel teen Frankryk, maar selfs ‘n wen deur enigeen van dié spanne sal nie genoeg wees om sy uitskakeling op dié vroeë stadium te verhoed nie.
Frankryk het ‘n besonder vrot vertoning teen Meksiko gelewer, wat die voormalige wêreldkampioen met 0-2 laat verloor het.
Die plaasvervanger Javier Hernandez, wat aanstaande seisoen vir die Britse Manchester United sal speel, het Meksiko in in die 64ste minuut laat voorloop met ‘n doelskop.
Agterna het die Franse speler Eric Abidal Dablo Barrera naby die doelhok gepootjie, waarna Cuahtemoc Blanco die strafskop sekuur in die hoek van die net ingeskop het om Meksiko te laat wen.