U rekening, meneer

Deel op

Die kostes om die sokkerpartytjie te befonds en die toernooi aan te bied is reeds aangegaan. Finale kostes is nog nie bekend nie, maar strek tussen R40 miljard (40,000,000,000) en R52 miljard (52,000,000,000). Kom ons werk op R40 miljard en ons kyk hoe die rekening daarna uitsien. (2009 SAID-jaarverslagdata verwys.)

– Die R40 miljard kostes is ongeveer 6,40% van die hele land se belastinginvorderings in 2009 (R625 miljard) wat indiwidue en besighede insluit.

– Jan Publiek, die salaristrekkende belastingbetaler, betaal ongeveer 56% van die hele land se belasting (R196 miljard Inkomstebelasting en R157 miljard BTW = R353 miljard uit die total poel van R625 miljard)

– Tussen die Jan Publiek-private-indiwidue is daar ‘n groep van ongeveer 5,7 miljoen indiwidue wat die grootste deel van die inkomstebelasting betaal (R190 miljard van die R196 miljard is jou rekening). Dan is daar nog so 5,6 miljoen mense wat die ander R6 miljard van die R196 miljard dra.

Die ander 33,7 miljoen in die land betaal niks inkomstebelasting (IB) nie; Zero, zilch, geen. Dit volg natuurlik dat almal in die land wat iets koop BTW betaal, ook die 33,7 miljoen wat nie IB betaal nie. Maar per afleiding betaal die gemiddelde ou in die 5,7-miljoengroepie egter baie meer BTW op sy internet, selfoon, kruideniersware, ADT-beskerming, Discovery Health-plan en BMW-paaiemente as die ander ouens wat net BTW op pap en sy BMW-paaiement het. (Terloops, daar is nie eers BTW op pap nie).

Ek stel dit dan aan u, dat die gemiddelde private belasting betaler, d.m.v. BTW en IB, die meerderheid van die kostes in Mzansi moet dra. Nou as jy dit kan erken, insien en besef, kom ons kyk wat jou 56% van die 40,000,000,000 vir jou gekoop het.

– Opgegradeerde en nuwe stadions

– Opgegradeerde lughawens

– Opgegradeerde infrastruktuur deur die land

Jy as private indiwidu het egter geen beheer oor hierdie bates en hulle voordele nie. Dit is in beheer van die staat en sy amptenare (wat gewoonlik hulle gades insluit).

– Hulle sal besluit waarvoor die stadions verder aan gebruik gaan word.

– Die staat sal besluit wie kan vergaderings by die stadions hou.

– Die staat sal besluit wat hierdie infrastruktuur gedoop gaan word.

– Die staat sal die doeanebelastings van die nuwe lughawens ontvang.

– Die staat sal die meerderheid van die voordele vanuit hierdie nuwe infrastruktuur ontvang. Jy gaan nie nou gratis op Loftus kan sit vir die volgende twee jaar omdat jy hom help betaal het nie.

– Dink jy ANC-lede moet toegangsfooie betaal vir ‘n sitplek as hulle ‘n Peter Mokaba-viering in Peter Mokaba-stadion in “Polokwane” bywoon?

Nee man, sê jy dalk vir my. Moenie bekommer nie, die land gaan ‘n klomp geld inkry vanaf buitelanse toeriste. Praat ons dalk van die 300,000 van hulle?

Ok, ok, ok sê die afleweraar van die rekening. Ten minste gaan die land se internasionale beeld gepoets en gevryf word. Dink net aan die ontasbare waarde van die beeld wat uitgedra word. Gaan vertel dit vir die 13 lande wie se spanne, mediaspanne en toeriste reeds beroof is. En ons is nog nie eers halfpad nie. Gaan vertel dit vir die internasionale kykers wat hulle TV’s afsit om die klank van die versoeningstrompet uit hulle ore te kry.

As daar landsburgers is wat gelukkig is met die uitgawes en die aangeskafte bates: “Wonderlik vir julle!” Maar as dit ‘n vrywillige betaling geverg het, twyfel ek sterk of die volle R40 miljard bymekaar gemaak sou kon word. Die klomp hêppie hêppie trompletblasende mense sou maar gesukkel het om die R40 miljard sonder die ander se bydraes bymekaar te maak. So as jy nie vrywillig bygedra het nie, hoe is die geld uit jou uit gekry? Jy is gedwing en subtiel gedreig deur die staat, wat ‘n monopolie op gewapende mag het, om dit te doen. Die skrywers van liefdesbriefies aan juffrou Mandela en meneer Bafana in Naspers se koerante en hulle 33,7 miljoen maatjies het die ander belastingbetalers mooi gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

купить липецк стойки трансмиссионныеАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.