Vyf swartes verkrag vrou voor haar seuntjie

Deel op

‘n Blanke vrou van Port Elizabeth is deur vyf swart gewapende rowers in haar huis verkrag terwyl haar vierjarige seuntjie moes toekyk. Volgens ‘n plaaslike koerant in die Baai is dit “die eerste gewelddadige huisaanval waar verkragting betrokke is” sedert die aanvang van die wêreldsokkerbekertoernooi.

‘n Woordvoerder vir die polisie, adjudant-offisier Precious Timla, het gesê dat die rowers omstreeks 3-uur vm. deur ‘n venster van die kothuis in ‘n tuin toegang verkry het.

Die vrou van Pekingstraat, Morningside is deur die geluid van stemme in die kothuis wakker gemaak. “Die volgende oomblik het die (swart) mans haar op die bed vasgedruk,” het Timla gesê. “Hulle het ‘n pistool teen haar kop gehou en haar bankkaarte en pinnommer geëis voordat hulle beurte geneem het om haar te verkrag terwyl haar seun dit in die vertrek moes aanskou.”

Blykbaar is ‘n mes ook teen die vierjarige seuntjie se keel gehou om sy ma te dwing om saam te werk.

Die geweldenaars het gedreig om haar seun as gyselaar aan te hou terwyl hulle bank toe gaan om die geld te trek, maar die vrou kon hulle oorreed om hom agter te laat.

“Ons is nie seker wat tussen haar en die rowers gebeur het nie, maar hulle het uiteindelik die kind agtergelaat,” het Timla gesê.

Hoewel daar geen tekens van ‘n inbraak is nie, het ‘n polisiebron gesê dat die vensters oud is en nie behoorlik toemaak nie, dus kon die rowers maklik deur een van hulle ingekom het.

Sommige aanvallers het weer deur die venster uitgeklim terwyl ander deur die agterdeur vertrek het. Die vensterskarniere is los en het geklap toe die rowers uitgeklim het, wat die huiseienaar op dieselfde perseel wakker gemaak het.

Hy het opgestaan om ondersoek in te stel en het die vlugtende swartes skrams gesien. “By die kothuis gekom, het hy die vrou huilende op die bed gevind,” het die bron gesê.

Die polisie is onmiddellik ontbied.

Volgens Timla is “drie van die mans met pistole gewapen, terwyl ‘n vierde blykbaar ‘n speelgoedpistool by hom het”.

Die erg geskokte vrou is na die hospitaal geneem en later ontslaan. “Die vrou is hoogs emosioneel en erg getroumatiseer,” het die polisieman gesê. “Haar seuntjie is ook baie ontsteld oor die voorval.”

универсальное оборудование для диагностики автомобилейДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.