Diego Forlán kelder ‘nasiebou’

Diego Forlán
Deel op

Diego ForlánSkitterende spel deur die doelskieter van Uruguay, Diego Forlán, het die Bafana Bafana met 3-0 laat verloor. Terwyl Suid-Afrika oor die afgelope maande getrakteer is op die onoorwinlikheid van die plaaslike sokkerspan en die regeringsgesinde media oor “nasiebou” gepopel het, het Uruguay finaal die Afrosentriese seepbel geprik.

Forlán, wat ook in Mei twee doele vir sy Spaanse klub, Atlético Madrid, aagenteken het om aan hulle die Europese beker te besorg, het die amateuragtige Bafana behoorlik geteister. Sy manjifieke eerste doelskop wat van 30m af in ‘n sierlike boog oor die Bafana se koppe geseil het, het die rustydtelling op 1-0 te staan gebring.

Die tweede helfte van die wedstryd is ontsier deur geniepsige en selfs vuil spel deur die swart Suid-Afrikaanse spelers wat telkemale hul opponente gepootjie het. Die doelwagter Khune is met ‘n rooi kaart afgestuur en deur Josephs vervang. Die uiteindelike strafskop is deur Diego Forlán waargeneem en dié is foutloos aan die bokant van die doelhok ingeskop om die Suid-Amerikaanse volk van vier miljoen se voorsprong tot 2-0 te vergroot.

Tydens beseringstyd het Forlán weereens ‘n hoekskop waargeneem en nogmaals oor die koppe van die swart Suid-Afrikaanse verdedigers geskop, waarna Suarès dit weer teruggeskop het om aan ‘n derde spanmaat, Pereira, die kans te bied om die doel te behaal.

Dit wil voorkom asof Bafana se gelyktelling teen Meksiko in die openingswedstryd ‘n gelukskoot was want teen Uruguay het dit nooit gelyk asof hulle in staat is om ‘n doel aan te teken nie.

Op Facebook het honderde Afrikaners openlik kant gekies vir Uruguay en die assosiasie van die Bafana met die gewelddadige en korrupte bestel in Suid-Afrika is geredelik deur die meeste deelnemers verwoord.

Wat ‘n triomf vir Afrosentriese “nasiebou” en swart rassenasionalisme moes wees, is deur ‘n blou-oogman met lang blonde hare uit ‘n klein Suid-Amerikaanse land die doodskoot toegedien.

т 25Фильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.