Hoeveel onse in jou Afrikaanse pond?

Deel op

Hierdie opskrif van ‘n rubriek deur Die Burger se Dawie vang telkemale my oog as ek so ‘n vinnige blik oor die binnelandse pers werp – danksy die geleentheid wat die internet bied.

Ek het dit gelees ook, en sou dalk ook ‘n eiertjie wou lê, maar daardie geleentheid is nie gebied nie. Dawie, so lyk dit, het ‘n dunnerige vel.

Maar hy kan die lakens uitdeel, en dr. Pieter Mulder, dr. Dan Roodt en die onbekende boer wat Julius Malema by die internasionale strafhof in Den Haag gaan verkla het, kom onder meer onder die loep.

Maar is die vraag oor wie die Afrikaner is, is wie namens die Afrikaner praat, al opgeklaar?

Dieselfde kwessie is pas op Praag se woernaal onder die loep geneem.

In die Staatsregklas, in 1994, het die jong dosent ons probeer oortuig die Afrikaner kan nie aanspraak maak op ‘n entiteit wat homself staatkundig kan uitdruk nie. Sy het aangevoer die Afrikaner voldoen nie aan die vereistes vir ‘n regsubjek nie.

Die aandklas, liberaal of regs of in die middel van die pad, was egter ‘n spul hardebaarde met tussen hulle ‘n streep regskwalifikasies wat al diep spore in die lewe getrap het. Sy weer, bloedjong en ‘n dissipel van Dirk du Toit wat pas sy ry as departementshoof gekry het om adjunk-minister in die ANC-regering te word. Ons klas het hieroor, en oor verskeie ander sake, oor haar geloop.

Presies hoe verskil die Afrikaner nou van byvoorbeeld die Baske, die Koerde, die Vlaminge en ander wat ingevolge die volkereg vorme van staatkundige uitdrukking gekry het?

En van wanneer af moet ‘n volk ‘n regsubjek, of regsobjek wees?

‘n Volk wat hom kultureel in kulturele organisasies uitdruk, is goed. ‘n Volk se kernkenmerk is immers kultuur, soos taal en godsdiens, en die goue draad hiervan loop diep in die Afrikanergeskiedenis, met Retief se manifes in die Grahamstown Journal as belangrike rigtingwyser.

In ‘n onderhoud wat Naspers dié week met die nuwe AWB-leier, Steyn van Ronge, geplaas het word die element van Geloftevolk beklemtoon.

Wat duidelik ontbreek, is ‘n tipe Afrikanerowerheid. Aanvanklik miskien iets wat funksioneel met die Joodse Raad vergelyk kan word. Die Afrikaner is tradisioneel ingestel op demokrasie, en daarom sal die owerheid demokraties verkies moet word.

So ‘n Afrikanerliggaam, soos wat deur verskeie Afrikanerorganisasies in die vooruitsig gestel word met ‘n verkiesing wat vir volgende jaar beplan word, sal die kwessie van legitimiteit moet oorkom. Gaan Dawie die Afrikanerliggaam as verteenwoordigend erken? Gaan Helen Zille dit doen?

Uiteindelik kan die belangrike vraag nie omseil word nie. Wie is die Afrikaner?

Iemand, soos Koos Kombuis wat al by geleentheid as Afrikaner bedank het, sal waarskynlik nie in so ‘n aksie wil deelneem nie. Iemand wat homself as Afrikaanse definieer, en Afrikanerskap ontglip, sal hulself ook waarskynlik vrywillig uitskakel.

Wanneer ‘n Moslem-adjunk-minsiter sonder om haar eers van die feite te vergewis onder Israel inseil, laat die Joodse Raad van Afgevaardigdes van hom hoor, en die skuldige sit met eier in die gesig en verdwyn effektief van die politieke toneel.

Wanner ‘n boer tydens ‘n plaasaanval lewend agter ‘n bakkie aan gesleep en vermoor word, is daar ‘n gebrom en selfs ‘n aksie of twee. Dit haal nie eens al die Afrikaanse koerante nie. Word ‘n swart plaaswerker agter ‘n bakkie aangesleep, is daar ‘n groot beroering.

‘n Verteenwoordigende owerheid, met die legitimiteit van ‘n verkiesing agter die blad, kan nie so ligtelik van die tafel gevee word nie.

slots loginФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.