Suid-Afrika se wonderlike water

Vuil water
Deel op

Vuil waterEk verwys na dié week se TV-insetsel oor water.

Verder heg ek ook hierby aan ‘n foto wat ek vanoggend geneem het; die water – glo dit of nie – kom uit my kraan uit. Nou my vraag vandag aan julle is, sal julle die water drink?

Ek glo nogal nie. Ek het ook reeds die water soos ek hier tik by die wasbak afgegooi, waar ek voel julle program ook hoort. Swak.

Ek koop dan eerder die produkte van Nestlé en Coke, soos ek nou al die afgelope 6 maande doen sedert ons terugkeer van die buitleland, want ek kan nie meer doktersrekeninge bekostig vir die behandeling van maagaandoeninge nie.

Julle aanbieders het ons probeer wysmaak dat die Suid-Afrika se drinkwater so wonderlik is. Ek moet bieg ek het na die eerste paar minute die TV afgesit want daar is ook net soveel propaganda wat een mens kan verduur.

Julle program het oor die jare baie goeie inligting aangebied maar ek reken om deesdae in diens van die SABC-ANC te wees, meng mens nogal moeilik die waarheid met propaganda en is ek van mening dat laasgenoemde keer op keer sal seëvier.

Ten laaste, hierdie e-pos sal nooit die lig sien nie, sou dit wel, drink ek daardie vuil SA water (eerder as om my hoed te eet).

генераторы бензиновыеtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.