Sowetodag: Jeugdag of Jigdag?

Deel op
Met die totstandkoming van die NuweSA het 16 Junie van Sowetodag na Jeugdag verander. Baie lesers weet waarskynlik nie waar dié “mooi” en oënskynlike onskuldige benaming vandaan kom nie!

16 Junie elke jaar verteenwoordig een van die mees onskuldige vakansiedae van die “nuwe SA”. Vir die meeste mense is dit maar net nog ‘n vakansiedag onder die “mooi” naam van Jeugdag! Min mense is daarvan bewus dat hierdie dag een van die bykans 50 name in die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se “South African Revolutionary Calendar” is en eers as  “Soweto Uprising – International Day of Solidarity with the Struggling People of South Africa” bekend gestaan het.

Die benaming van hierdie dag op sigself is agterdogwekkend en verteenwoordig ‘n politieke ideologie en doelstelling! Gedurende 1975/76 is hierdie dag dan ook deur die SAKP misbruik om die sg Soweto-opstande teen Afrikaans in swart skole te organiseer en het daarna as Sowetodag rugbaar geraak. Dié dag het eers sedert 1995 as Jeugdag op kalenders begin verskyn.

Die links-liberale media het gewoonlik ‘n groot ophef van hierdie dag gemaak en dit veral in die jare voor die “groot oorgawe” opgeblaas as die dag waarop die “finale vryheidstryd” begin het. Dit was ‘n klein vonkie wat met ‘n klipgooi en aan die brand steek van motorbande en motors begin het, en uiteindelik gelei het tot ‘n groot vuur wat in hierdie land begin brand het.

Die nadelige gevolge wat hierdie dade vir die swart jeug wat destyds daaraan deelgeneem het in hul latere lewe meegebring het, is tot vandag toe nog nie bereken nie! Die swart jeug wat hulle destyds aan daardie dade skuldig gemaak het, is waarskynlik dié wat in die afgelope aantal jare hul skuldig maak aan gewelddadige misdade soos kapings, bankrowe, moorde, inbrake, ens., omdat hulle destyds touwys gemaak is dat dit die blanke, maar spesifiek die Afrikaner is, wat verantwoordeliik was vir dit waarteen hulle betoog het.

Agter hierdie klipgooi het groot internasionale magte gesit wat daarop uit was om Suid-Afrika en by name die Afrikaner aan ‘n swart kommunistiese sg meerderheidsregering oor te gee. Hulle het die swart jeug op ‘n behendige dog subtiele en bedrieglike wyse gebruik om hul doelstellings te bereik. Alhoewel dit op daardie stadium oënskynlik oor Afrikaans as verpligte vak in swart skole en die benaming “Bantoe-onderwys” gegaan het, het dit in werklikheid oor die “sonde van apartheid” gegaan. Die Afrikaner sou uitgesonder word as die groot “sondaar” en hy sou moes boet vir sy “apartheidsonde”.

Dit is nou bykans ses-en-dertig jaar gelede wat hierdie gebeurtenis plaasgevind het en steeds kan die blanke en Afrikaner nie deur die swartman vergeef word vir iets wat hy nie gedoen het nie. Want Afrikaans was nie verpligtend soos wat die magte wat agter die opsweping van die swart jeug van destyds gesit het, voorgegee het nie. Dit was ‘n vrywillige vak soos wat bv Noord-Sotho in blanke skole was en geen leerling hoef dit te geneem het indien dié nie wou nie. Apartheid was ook nie so boos soos wat hulle dit voorgestel het nie.

Die beheptheid met apartheid en menseregte was niks anders nie as ‘n dekmantel vir die magte wat agter Sowetodag, Sharpevilledag ens., gesit het, ten einde SA voor te berei en in ‘n “nuwe wêreldorde” in te lei. Apartheid van destyds het, in teenstelling met die “nuwe SA” se apartheid, ten minste werk, onderdak, vrede en veiligheid vir alle inwoners van die SA van daardie tyd gebied!

сколько стоит циклевка паркеталобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.