Die Volksblad berig dat ‘n Japannese joernalis Maandag in Bloemfontein met Suid-Afrika se misdaad kennis gemaak het.
Die vryskut-fotograaf van Japan is na Maandagaand se sokkerwedstryd tussen Japan en Kameroen van sy rugsak beroof..
Die inhoud van die sak was glo R120 000 werd. Sy kamera, kontant en die paspoort is onder die items wat gesteel is.
Die voorval het in Nelson Mandela-rylaan, naby die Mimosa Mall, plaasgevind. Die man is glo ongedeerd.
Die polisie ondersoek tans ‘n saak van roof.