Die Britse uitsaaikorporasie, die BBC, ondersoek tans die moontlikheid om ‘n “foefoezelavrye” weergawe van sy sokkerwêreldbekerdekking uit te saai ná ‘n stortvloed klagtes van kykers oor die omstrede plastiekbeuls, berig ‘n koerant vandag.
Die Britse uitsaaier het 220 klagtes oor die lawaaierige eentonige trompette ontvang en na bewering kyk die organisasie na metodes om ‘n “skoon” toevoer te verskaf met die skare se lawaai wat uitgefiltreer is, sê die Londense Guardian.
Kykers van wedstryde wat deur die BBC uitgesaai word en wat deur die foefoezelas geïrriteer word, gaan die opsie hê om die skaregeluid af te skakel. Aldus die koerant.
Die nuus is bekendgemaak te midde van omstredenheid oor die plastiekbeuls, wat ook deur ander uitsaaiers en sekere spelers gekritiseer is.
Maar in weerwil van die aanhoudende omstredenheid rondom foefoezelas, raak hulle ook in Brittanje gewild. ‘n Groot aantal is in die aanloop tot Engeland se eerste wêreldbekerkragmeting Saterdag teen die Verenigde State verkoop.
Vlieg van die rakke af
Die Sainsbury-supermark het 22 000 foefoezelas binne 12 ure voor die wedstryd verkoop en die aanlynwinkel Amazon het gesê dat verkope met 1 000% gestyg het, berig die Guardian.
“Ek sien nie hoe mens die musiektradisies van sokkerondersteuners in hul eie land kan verbied nie. Sou u ‘n verbod op ondersteunertradisies in u land wou sien?” het Blatter op die mikrowoernaalblad Twitter geskryf.