Om die wawiel te herontdek

Deel op

In sy rubriek skryf Dan Roodt hoe Afrikaners rigtingloos voortploeter en probeer om in ‘n deurmekaar land rigting te vind sonder ‘n kompas.

My ontleding is dat die grootste probleem waarmee Afrikaners worstel, is dat hul politieke -, landbou – of kulturele leiers die situasie nie mooi reg lees nie en nie mooi begryp watter opsies daar vir Afrikaners bestaan nie.

Dikwels word daardie opsies as afsonderlike spesialiteitsbelange beskou,  sodat onderskeie aanslae óf as ‘n landbou-aangeleentheid beskou word, of dat dit ‘n politieke probleem is wat deur partypolitieke leierskap gered moet word om die volk te mobiliseer of om ‘n opstand te organiseer en te lei.  

Landbou leiers raak nie maklik gemoeid met kultuuraangeleenthede nie, so ook nie kultuurleiers, soos byvoorbeeld die bestuur van die ES/VTM (die  Erfenis Stigting en Voortrekkermonument), wat nie maklik by Afrikaners se etniese politiek of burgerregte betrokke sal raak nie.  

Daar is party politieke leiers wat óf samewerkende politiek met die ANC of ‘n boikotpolitiek wat die ganse huidige bestel as onlegitiem beskou en nie met die regering kan of wil erken of saamwerk nie. Elkeen van hierdie partye beskou sy siening as oplossings vir Afrikanervryheid, sodat vooroordele tot beginsels verhef word.  Dieselfde geld vir Solidariteit en Afriforum wat hulle op burgerregte en arbeidsaangeleenthede toespits en afstand tussen hulle en die etniese politieke beweging probeer hou.

Maar die enigste haalbare opsie wat Afrikaners het om hulle na vryheid te lei bly binne die konteks van die algemene volkereg wat die verhouding tussen volke en nasies bepaal.  Om vryheid volgens die volkeregtelike roete op te eis verg dat die eiser ‘n legitieme verteenwoordigende  owerheid van die betrokke volk moet wees. Vir legitimiteit kan daar dus slegs een verteenwoordigende owerheid wees.

Oor die afgelope tien jaar beywer Dan Roodt, Christo Landman en ekself ons vir die daarstelling van ‘n Burgerlike Owerheid vir Afrikaners, maar word telkens gekortwiek deur die onderskeie Afrikanerinstellings wat nie met etniese politiek betrokke wil raak nie.  Daar is instellings wat nie in dieselfde span wil trek as die Afrikanerbond nie, ander verseg weer om met die HNP geassosieer te wees, ander beskou die VF+ as ‘n verlore saak, die TLU en Agri SA het onderlinge verskille, en die ES/VTM word as aardsversoeners getipeer.    

Om vry te word sal die Afrikanervolk egter die wawiel moet herontdek.  

Die buitenste staalvelling van die wiel is ons Hemelse Vader wat alle volke se lotgevalle bepaal en wat die wiel en sy vrag oor berge en riviere na sy uiteindelike bestemming sal dra.

Die speke is die verskillende organisasies wat die volk bedien, elk met sy eie leierskap, karakter en struktuur.  

In die middel kom die speke in die naaf bymekaar in ‘n volksowerheid wat voortdurend kontak met die as moet maak.  Die Goddelike staalvelling sal die volkswiel as ‘n eenheid bymekaar kan hou, want alle volksorganisasies bekou God as die Bepaler van volke se lotgevalle, ook dié van die Afrikanervolk.  

Sonder die velling val die wiel uitmekaar, soos tans met die Afrikaners die geval is, waar elke speek op sy eie die vrag probeer dra.  Die speke moet sterk en gesond wees en mag nie met mekaar wedywer nie.  Die speke alleen kan die vrag egter nie alleen dra nie.  ‘n Wiel kan ook nie net een of twee speke hê nie en al die speke word in die naaf in ‘n hegte eenheid saamgesnoer.

So ‘n Afrikanerowerheid is nie ‘n poliktieke party nie, funksioneer op bilaterale vlak met ander volke en regerings, ook die regering van die RSA, en is die eerste stap na vryheid.  

Gelukkig is daar tans groeiende kragte aan die werk om die Afrikanerwiel te monteer.  Elke Afrikaner se voorbidding word benodig om hierdie poging te laat slaag.

Die individuele verootmoediging van ‘n ganse volk wat daagliks op hul knieë die alleenheerskappy van ons Hemelse Vader erken en sy leiding afsmeek sal meehelp dat die Staalvelling weer ons volk in ‘n hegte eenheid verenig om die delikate onderhandelings tussen die speke te laat slaag. Dan kan hulle die Afrikanerwiel weer aanmekaarsit en kan ons ‘n onseker toekoms tegemoetgaan.

Dan kan ons weer skouer aan die wiel sit en enige aardse uitdaging weer die hoof bied.magic owlФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.