Zim-leiers maak geld uit ‘bloeddiamante’

Deel op

Zimbabwe se politieke en militêre elite gebruik geweld en hul bande met maatskappye om die land se diamantskat te ontgin, sê ‘n nuwe verslag wat vandag deur die aksiegroep Global Witness in Londen uitgereik is.

Die groep kritiseer ook die sogenaamde Kimberley-proses se sertifiseringskema, wat geskep is om die verkoop van bloeddiamante te verhoed, weens die swak reaksie op die probleme in Zimbabwe se diamantnywerheid.

Die verslag verskyn op die vooraand van die volgende vergadering van die Kimberley-groep in Israel aanstaande week waar Zimbabwe waarskynlik samesprekings gaan oorheers.

“Oor die afgelope drie jaar het die nasionale weermag (van Zimbabwe) skokkende vergrype teen burgerlikes in die Marange-diamantveld gepleeg,” sê Elly Harrowell, ‘n aktivis van Global Witness.

“Niemand is vir dié misdade aangekla nie en nou blyk dit dat die gesamentlike ondernemings wat geskep is om toestande te verbeter direkte bande met Zanu-PF en die militêre elite het.”

Zanu-PF regeer Zimbabwe as deel van ‘n eenheidsregering met die Beweging vir Demokratiese Verandering.

Die nuwe beleggingstransaksies toon “‘n gevaarlike mate van ondeursigtigheid”, het Harrowell gesê.

“Dit laat die deur wyd oop vir staatsplundery en -korrupsie, asook die reële moontlikheid dat internasionaal gesertifiseerde diamante hernieude politieke geweld in Zimbabwe kan finansier.”

Global Witness het insgelyks die Kimberley-proses gekritiseer vir die aanvaarding van ‘n “swak kompromie-ooreenkoms”, pleks van Zimbabwe te skors vir wat beskryf word as flagrante oortredeings van die Kimberley-reëls.

‘n Verslag van die Kimberley-sertifiseringskema wat verlede week deur Agence France-Presse bekom is, het gesê Zimbabwe hou hom nou by die minimum-menseregtestandaarde in sy diamantvelde, waarmee die land ‘n stap nader daaraan gekom het weer internasionale handel in die edelstene te hervat.

“Global Witness doen ‘n beroep op internasionale regerings om Zimbabwe van die Kimberley-prosesskema uit te sluit totdat die land kan bewys dat sy diamante nie geweld en menseregteskendings finansier nie,” meen die groep.

Mugabe het besluit om aan die Kimberley-proses te onttrek indien die land nie toegelaat word om sy diamante te verkoop nie.uk onlinetopcargo развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.