Polisie wil stadionbetogers arresteer

Deel op

Die Durbanse polisie het die onderneming gegee dat diegene in hegtenis geneem sal word wat ‘n betoging by die Moses Mabhida-stadion Sondagaand gelei het.

“Ons doen nog ondersoek en ons glo dat sommiges mense binnekort in hegtenis geneem sal word omdat hulle aan ons bekend is,” het brigadier Phindile Radebe gesê.

Volgens Associated Press het omtrent 300 veiligheidswagte ná die wedstryd tussen Duitsland en Australië oor lae lone betoog. AP het een van die veiligheidswagte, Fanak Falakhebuengu aangehaal waar hy gesê het dat hulle R1500 per dag belowe is, maar slegs R190 ontvang.

“Hulle was veronderstel om ons 1 500 te betaal, dis wat FIFA gesê het en hulle het ons 190 gegee.”

Radebe het gesê die toeskouers het reeds die stadion verlaat toe die betoging begin het.

“Die polisie het daarin geslaag om hulle weg van die stadion te verskuif, maar hulle het weer bymekaar gekom en met die betoging aangehou.”велосипед детскийтопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.