Separatistiese partye staan sterk in Belgiese verkiesing

Bart de Wever
Deel op

Bart de WeverDie stemmery het begin in vandag se algemene verkiesing in België, met Vlaamse separatistiese partye wat sterk staan en vrese aanwakker dat die land langs sy taalgrens gaan skeur.

Die onafhanklikheidsgesinde NVA wat deur die 39-jarige Bart de Wever gelei word, gaan na verwagting 25 persent van die stemme in België se ryker Nederlandssprekende provinsie, Vlaandere, ontvang, volgens meningspeilings wat in aanloop tot die verkiesing gedoen is.

As ander saparatistiese groepe soos die Vlaams Belang hierby gevoeg word, verwag politieke ontleders dat ten minste 40% van Vlaminge vir afstigting in ‘n eie staat gaan stem, iets wat die federalistiese politici in die armer Franssprekende streek van Wallonië nie aanstaan nie. Die Wale is in ‘n groot mate ontvangers van uitkerings onder die Belgiese welvaartstelsel en loop gevaar om hul lewenstandaard te verlaag indien die Vlaminge van die land sou wegbreek. Vlaminge betaal 80% van die belastings in België.

Die twee taalgroepe gaan meer as die gewone stel probleme ervaar as daar ‘n koalisieregering saamgestel moet word in ‘n land waar slegs die hoofstad Brussel amptelik tweetalig is.

Ná die algemene verkiesing in 2007 het dit maande geneem om ‘n regering saam te stel. Ontleders vrees dat enige herhaling van dié gebeure tot verdere radikalisering kan lei en die uiteindelike skeuring van die land op die spits kan dryf.

Om te stem is verpligtend vir die 150 parlementêre setels in die land van 10,5 miljoen mense, waarvan 60 persent Vlaams is. Geen Vlaamse party probeer nasionaal, d.w.s. oor die taalgrens heen, steun werf nie.

Die stembusse sluit om 3.00 nm. waarna die eerste uitslae binne drie ure verwag word.

Soos praag.co.za reeds berig het, sou ‘n onafhanklike Vlaandere ‘n Europese staat verteenwoordig wat Afrikaners waarskynlik baie goedgesind sou wees.

кардиган для девочкиОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.