‘Wêreldbeker maak SA bankrot soos Griekeland’

Bernard Lugan
Deel op

Bernard LuganTerwyl Rapport en ander koerante vandag die lof van die wêreldsokkerbeker en sy Afrosentriese openingseremonie besing, staan die res van die wêreld meer krities teenoor die land. Tydens ‘n program wat op die Franse TV-kanaal Télé 1 uitgesaai is, het die vermaarde historikus en Afrikakenner Bernard Lugan Suid-Afrika as “‘n land wat deur ‘n grotendeels korrupte swart elite regeer word” beskryf.

Die program waarop Lugan verskyn het, heet “Ménard sans interdit” (“Ménard sonder taboes”) en reeds met die intrapslag meen die programaanbieder dat Suid-Afrika ‘n “erg verdeelde land is waar uitsonderlike geweld heers”. Lugan het ook ‘n parallel tussen Suid-Afrika en Griekeland getref. Net soos dié land deur die Olimpiese Spele in Athene bankrot gelaat is, is die wêrelsokkerbeker in Suid-Afrika reeds ‘n “ekonomiese ramp”. Volgens Lugan is “kaartjies wat teen R500 verkoop moes word, teen afslag aan die plaaslike sokkerondersteuners teen R150 verkoop”.

Ter inleiding sê sowel Ménard as Lugan dat “Suid-Afrika vandag in ‘n slegter toestand as onder apartheid” verkeer. Terwyl die sokkerwêreldbeker ‘n maand lank die krake in die land probeer toesmeer, heers daar rasse-, maatskaplike en etniese verdeeldheid. Volgens Lugan bestaan daar rasseverdeeldheid tussen blank en swart, maatskaplike verdeeldheid tussen die klein groepie swart begunstigdes en die massa arm swartes “wat van die honger omkom”, asook etniese verdeeldheid tussen die Zoeloes, Xhosas en Sotho’s.

As die land se vigs- en elektrisiteitsprobleme daarby gevoeg word, dan is Suid-Afrika reeds in ‘n krisis gedompel. Aldus Bernard Lugan.

Op die vraag of Mandela darem “‘n bloedbad in die land verhoed het” antwoord die Franse historikus: “Wat het Mandela gedoen? Hy het hoegenaamd niks vermag nie. Hy het nooit Suid-Afrika geregeer nie. Hy het aan bewind gekom in 1994. Gedurende die eerste twee jaar was daar ‘n koalisieregering, dus het hy nie sy mag ten volle uitgeoefen nie. En vanaf 1996 was dit sy kroonprins Thabo Mbeki wat die leisels oorgeneem het.”

Gedurende die warm debat waartydens Lugan sover gaan as om “die tuislandbeleid aan te prys”, maar dan het die blankes die land “onregverdig verdeel” en te min grond aan swartes afgestaan, meen die geskiedkundige dat Suid-Afrika oor ‘n etniese federasie moet beskik eerder as ‘n land wat op grond van “die Marxistiese mistiek” van die ANC aanmekaar gehou word.

Diegene wat Frans verstaan, kan die hele debat hier op YouTube volg.

free casino gamesОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.