Verloor kan tot swart geweld lei

Deel op

Ek het gister met ‘n gematigde en welsprekende  swart werker by ‘n groot winkel in Johannesburg oor vanmiddag se sokker gesels en hy het my ondubbelsinnig gewaarsku oor lelike dinge wat gaan gebeur indien Bafana teen Meksiko verloor. Hy het duidelik sy oor op die grond.

Dis glashelder dat die geweldige WB-“hype” sy tol kan eis indien dinge vanmiddag vir die tuisspan verkeerd loop.

As gevolg van die totale irrasionele massahisterie is grootskaalse geweld in die lokasies moontlik, of selfs waarskynlik.

Sedert die loting in Kaapstad verlede Desember heers ‘n partytjiestemming in SA en neem amper dag vir dag in intensiteit toe tot  by die huidige totaal histeriese euforie. Dit ken basies geen perke onder die swartes nie en hierdie mense is in so ‘n beswyming dat hulle nie eens daaraan dink dat Bafana vandag teen Meksiko die onderspit kan delf nie.

Dit is juis hierin waar die onheilspellende gevaar lê.

Indien die Bafana vandag, soos enige onbevooroordeelde sokkerkenner verwag, teen Meksiko verloor, gaan die teleurstelling en frustrasie van miljoene besope swart toeskouers gewelddadig op veral minderheidsgroepe, asook die breë publiek losgelaat word. Die SAPD sal weinig daaraan kan doen.

Blankes en vreemdelinge sal dan die uitsoekteikens word.  Miljarde rande se eiendom kan in rook opgaan.

Dit is nie iets wat ek die land toewens nie, maar elke nugtere en verantwoordelike persoon behoort hiervan kennis te neem en sy paraatheid te verskerp.

Die liberale, polities korrekte media sal die groot skuldiges hieraan wees asook onvrantwoordelike politici, want hulle het die afgelope tyd in ‘n al groter mate hierdie malle en onrealistiese verwagtinge aangeblaas.

Selfs in die middelklas-, oorwegend Afrikaanssprekende blanke woonbuurt waar ek bly, blaas amper elke tweede wit snuiter ‘n verdomde vuvuzela!

Vandag kan ‘n werklik donker dag in ons geskiedenis word, nieteenstaande Cele se dom braggadocio.

Dit kan lei tot totale chaos en anargie – aangeblaas deur rassehaat en xenofobie.

Blaam gaan onmiddellik op onskuldige burgerlikes gepak word.

Dit is natuurlik geen uitgemaakte saak dat Meksiko gaan wen nie, want elke skeidsregter het sy prys.

Geweld sal die gevolg wees van die Suid-Afrikaanse swarte se “entitlement mentality” en die sieklike geloof dat die wêreld hom iets skuld. ‘n Psigose wat al geslagte gelede by hom deur die ANC geplant is.

Mandela se droom kan maklik in ‘n nagmerrie ontaard!

игры длядєвочєктопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.