Wallonië word gesog by Franse

Deel op

Enkele dae voor die Belgiese algemene verkiesing het ‘n peiling aan die lig gebring dat 66 persent van die Franse Wallonië by Frankryk wil inlyf, sou België ná die komende verkiesing uitmekaar spat. De Standaard haal syfers van ‘n peiling aan wat in die koerant, France-Soir gepubliseer is.

 In 2007 was nog net iets meer as die helfte van die Franse ten gunste van so ‘n inlywing. Die steun het hierna egter jaarliks toegeneem. Die peiling rep nie ‘n woord oor die toekoms van Brussel nie. Hoewel grootliks Franssprekend, val die hoofstad in Vlaamse gebied.

на 100Фильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.