Vat sommer die hele jaar vakansie!

Dan Roodt
Deel op

Die skielike aankodiging dat môre ‘n vakansiedag gaan wees, toon in welke mate die sokkerwêreldbeker besig is om die land se produktiwiteit en eerlikheid, wat reeds onder verdenking staan, verder te ondergrawe. Intussen het die ANC-minister van finansies volgens ‘n berig in gister se Business Day, aangekondig dat die aankoop van sokkerkaartjies deur staatsdepartemente indruis teen die wet en staatsamptenare aan vervolging weens die misbruik van openbare fondse mag blootstel. Blykbaar het sulke aankope van kaartjies en vermaakpakkette rondom die sokkertoernooi in die staatdiens geweldige afmetings aangeneem.

Ons kan egter nou al voorspel dat geen van die aardig besoldigde hoëlui in die staatsdiens wat soos wafferse korporatiewe grootmenere hul plesier en sake graag meng, vervolg sal word nie. Inteendeel, die manier waarop die ANC reeds party en staat met mekaar verwar, asook die staatskas en die eie beursie, gaan deur die sokkerkoors net ‘n verdere hupstoot kry.

Die vraag is waarom die hele staatsdiens en groot maatskappye soos die banke wat hul kliënte uitbuit om agterna groot sokkerborgskappe aan ANC-verwante klubs en sportorganisasies te betaal, nie sommer die hele jaar moet afvat nie? Die res van ons wat ons brood in die spreekwoordelike sweet van ons aanskyn moet verdien, sal waarskynlik nie die verskil agterkom nie. Hiervan kan enigeen getuig wat al probeer het om ‘n staatsdepartement of jou plaaslike tak van ABSA te bel. Ons betaal net meer en meer belastings en bankfooie om die ANC en sy handlangers se permanente partytjie te finansier. Dan praat ‘n mens nie eens van die ANC se kiesers waarvan 15 miljoen toelaes ontvang waarvoor die steierende middelklasbelastingbetaler insgelyks moet goed staan nie.

Eintlik het Suid-Afrika in 1994 ‘n aristokrasie, weliswaar ‘n swart aristokrasie, ontvang. Soortgelyk aan die Britse aristokrasie wat ons vermaak met hul seksskandale en familierusies, volg ons die skandes en manewales van die Azaniese aristokrasie waarin die geelpersjoernaliste soveel belangstel en dit as hul patriotiese plig beskou om ons oor in te lig.

Terwyl sommige Afrikanerskape ook onderbroekvlaggies op hul motors aanbring en moontlik in dieselfde dronkenskap en sokkergefuif as die res van hierdie droewe land gaan verval, sal sommige van ons verplig wees om in hierdie tyd te werk.

Hoe gouer ons egter kan ophou om belastings te betaal aan die wonderstaat sonder werkende mense wat hul vermaak, drankies, partytjies en hotelverblyf met belastinggeld vereffen, hoe beter.

Slegs onafhanklikheid en ‘n volkstaat sal ons van die huidige klug verlos. Die Afrikaner se ekonomiese en produktiewe aandeel aan hierdie land word in elk geval deur sowel die ANC as die Angel-Saksiese moondhede soos Brittanje en Amerika op nul geskat, dus sal die partytjiegangers nie eens ons afwesigheid by die makietie opmerk nie.

jewellery forпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.