Om suinig te wees het soms sy voordele…

Ek het onlangs gesukkel om my selfoon se battery te herlaai. Ek het verskillende herlaaiers probeer, maar die herlaaiproses wou net nie begin nie. Nou ja, dit kon seker wees dat die battery genoeg gehad het, nadat ek ʼn paar maande gelede met die foon in my sak deur ʼn brander omgeslaan is. Die prys vir ʼn nuwe battery van meer as R500 het my egter nie aangestaan nie, en ek het besluit om nie so gou tou op te gooi nie.  Ek het bietjie oor die probleem opgelees, en geleer dat ʼn battery soms so pap kan raak, dat dit nie in staat is om aan die gang te kom nie.

My eerste idee was om êrens op die internet ʼn soortgelyke battery teen ʼn goedkoper prys te  bestel . Na ʼn ruk kom ek toe op hierdie winkel in Hong Kong as wat selfoonbatterye op Ebay verkoop:

http://stores.ebay.co.uk/supermarket-buy_Mobile-Phone-Batteries_W0QQ_sacatZ20357QQ_sasiZ1QQ_sidZ950296452QQ_trksidZp4634Q2ec0Q2em322

Die prys was £2.19, en dit het my laat wonder of ek nie dalk hier ʼn kat in die sak gaan koop nie. Ek het besluit om ʼn kans te waag, en het die transaksie op Ebay beklink.

Na ʼn paar minute kry ek ʼn e-pos om die transaksie te bevestig, ook om te sê dat die ekwivalent van R23 van my bankrekening gedebiteer is. Ek besef toe egter dat dit nie my onmiddelike probleem gaan oplos nie, en dat ek nie rerig lus het om vir ʼn paar weke sonder ʼn selfoon te wees nie, met slegs die skrale hoop dat ek wel ʼn nuwe battery vir R23 in die pos gaan kry nie.

Nog so bietjie rondkrap op die internet, en  ek kom op die volgende video af op Youtube:

http://www.youtube.com/watch?v=zBHLzTsMyGg&feature=related.

Ek was eers bietjie skrikkerig vir die idee, mens kan nie alles wat op die internet opgedis word goedsmoeds glo nie. Maar die ongerief om sonder ʼn selfoon te wees het my toe oortuig om tog maar ʼn kans te vat. Gewapen met ʼn braaitang, het ek toe die battery in foelie toegedraai soos aangetoon in die video. Heel versigitig het ek die spulletjietoe vir so 15 sekondes met ʼn sigaretaansteker verhit. Ek het die battery toe uit die foelie gehaal, en gevoel dat dit louwarm geword het.

Daarna het ek die battery terug in my selfoon geplaas en aan die laaier gekoppel. Vir eers het niks gebeur nie, maar twee minute later het dit wonderbaarlik begin laai. Dit was drie weke gelede en ek het intussen die battery al ʼn paar keer herlaai sonder enige probleme.

Ek sukkel egter nog om die verskynsel te verklaar. Volgens sekere bronne trek die battery baie elektrisiteit wanneer dit heeltemal pap is, soveel dat die laaier uitsny. Dit was blykbaar nie met vorige laaiers ʼn probleem nie. Die verhitting van die battery veroorsaak dat daar energie vrygestel word, en sodoende trek dit minder krag as dit aan die laaier gekoppel word.

Blykbaar kan mens dieselfde resultaat kry deur bloot die battery uit te haal en vir ʼn paar ure in ʼn hemp-of broeksak te dra, sodat jou liggaam dit omwarm.  Die metode hierbo is egter baie meer opwindend!

Ek het al skoon vergeet van my impulsiewe internetaankoop, en het vandag verwonderd na die klein koeevertjie wat uit Hong Kong in my posbus geland het, gestaar. Dit is inderdaad die R23-battery uit Hong Kong. Die koevert het met lugpos aangekom, en die posgeld daarop is betaal in Hong Kong. Binne-in is die battery wat ek bestel het, nuut en netjies toegedraai. Baie verras plaas ek die battery in my foon en koppel dit aan die laaier..en dit werk!

Om suinig te wees het soms sy voordele…

ландшафтное освещение садаФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.