Fifa in die spervuur

Deel op

Kort voor die aanbreek van die Fifa-toernooi in Suid-Afrika, en te midde van die euforie wat heers, speel ‘n heel ander wêreld hom ook af.

Al hoe meer berigte en briewe sien die lig waarin Fifa as ‘n soort hartelose skurk uitgebeeld word wat met wavragte vol geld uit Suid-Afrika gaan verkas terwyl die land met yslike rekenings gaan sit om te vereffen. Van die berigte het selfs gelui dat Griekeland se ekonomiese ineenstorting deels toegeskryf kan word aan die aanbieding van die Olimpiese Spele.

Van vandag af deel Afriforum Jeug honderde DVD’s by die OR Tambo-lughawe uit waarin ‘n heel ander sy van Peter Mokaba voorgehou word as die man wat deur die regering, en nou ook deur Fifa op sy webblad, as held vereer word. Hierin word hy as die voorsanger van Kill the Boer, Kill the farmer, en die werklikhede van plaasmoorde, uitgebeeld.

Afriforum het Fifa eers ordentlik versoek om dié heldeverering van sy webblad te verwyder, maar het geweier.

Afriforum het ook versoek om ‘n vreedsame optog in Potchefstroom te hou waar die vermeende moordenaars van ‘n boer weer in die hof gaan verskyn. Dié vermoorde boer is onder meer lewend agter sy bakkie aangesleep. Toestemming is geweier, so lui die brief, onder meer omdat Fifa ‘n moratorium op die hou van optogte geplaas het. Die grondwet gee egter so ‘n reg aan Suid-Afrikaners.

Op die vooraand van die toernooi word berig dat twee tradisioneel wit woongebiede in Peter Mokaba se tuisstad, Pietersburg wat na Polokwane verander is, nou ook gaan verander. Nie net word beoog om dit te verander nie, maar te vernoem na iemand wat deur baie van die einste inwoners as ‘n voormalige terroris beskou word. Heel moontlik het sommige inwoners kinders aan die dood afgestaan in aanvalle deur die einste persoon en sy mense.

Terwyl baie instansies na plaasmoorde as volksmoord verwys, en op erkende volkeregtelike definisies wys om dit te staaf, sien baie van die regeringstentakels skynbaar kans om ongehinderd met kulturele moord teen die Afrikaner voort te gaan. Die jeugdige pleknamekomitee van Limpopo word immers as ‘n verlengstuk van die ANC-Jeugliga beskou.

Nog ‘n gasheerstad, Durban, het in die hof die groen lig gekry oor straat- en gebouename wat ‘n erg verdelende invloed uitoefen. Dié hofuitspraak gaan op appèl geneem word.

Met die oë van die wêreld nou soos selde op Suid-Afrika gerig en ‘n bykans ongekende stroom negatiewe beriggewing oorsee, verweer een van die hoofbronne vir die negatiewe publisiteit, pres. Jacob Zuma hom dat hy nie weer op die aanklagte van onder meer bedrog tereg kan staan nie omdat dit sy aandag van sy regeerpligte gaan aflei. Dit stuur nie ‘n besonder positiewe beeld uit van ‘n ingesteldheid oor reg en verkeerd nie.

Fifa kon veel bygedra het om daar waar dit die toernooi aangaan, rug styf te maak in keuses tussen reg en verkeerd. Om Peter Mokaba as held voor te hou verseker dat baie van die land se inwoners nie die toernooi met dieselfde euforie beleef nie. Dit is nie net die naasbestaandes en simpatiseerders van plaasmoord-slagoffers nie, maar ook die slagoffers van die Vigspandemie, waar Mokaba self ‘n bedenklike ontkenningsrol gespeel het. Fifa skop net te veel mense in die tande – presies hoeveel sal eers na die toernooi blyk wanneer die kasregisters ophou klingel en die rekenings kom.

скважина на песок отзывыФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.