ANC-jeug vaar uit teen ‘mal Afrikaner’

Deel op

Die ANC-jeugliga is gewalg deur die “kranksinnigheid” van “‘n sekere” Afrikanerboer wat na bewering ‘n klag van volksmoord teen sy leier Julius Malema by die internasionale geregshof gelê het.

“Die ANC-jeugliga is gewalg deur die aandagsoekende sentimente en kranksinnigheid van ‘n sekere Afrikanerboer van Rustenburg wat na bewering ‘n klag by die internasionale geregshof gelê het oor die sing van vryheidsliedere in Suid-Afrika deur Suid-Afrika se bevrydingsbeweging wat deur die ANC gelei word,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Die ANC-jeugliga het gesê die lê van die klag is ‘n poging deur “regse elemente” om hom van sy vernaamste politieke programme te laat afwyk.

“Die kwessie van vryheidsliedere is tans voor die Suid-Afrikaanse howe, wat ‘n tussentydse bevel gelewer het oor die sing van sekere vryheidsliedere tot tyd en wyl die ANC suksesvol sy stryd- en bevrydingsliederfenis gaan verdedig.”

Die liga het gesê dat hy nog nooit in misdaadaktiwiteit betrokke was nie omdat hy daarvan bewus is dat sodanige aktiwiteit die “vryheid” sou ondermyn waarvoor sy “voorgangers” met hul lewens geveg het.

“As daar mense bestaan wat volksmoord teen ons mense gepleeg het, is dit die Afrikaners wat vele vryheidsvegters en onskuldige Suid-Afrikaners geslag het om die rassistiese apartheidsbewind vir baie jare te beskerm en ons het hulle daarvoor vergewe.

“Die beweerde klag by die internasionale geregshof het vanuit mediaberigte onder ons aandag gekom en geen kommunikasie is aan ons deur die internasionale strafhof gestuur nie.

“Ons is meer as seker dat die internasionale strafhof hom nooit aan ‘n sekere Afrikaner se onnoselheid en onsekerheid steur nie en behoort eerder te fokus op die vervolging van oorloë wat deur imperialiste geborg word en wat steeds in die wêreld plaasvind.”

Die liga het gesê dat hy as ‘n beginselsaak alle Suid-Afrikaners aanmoedig om te waak teen regse agents provocateurs, “waarvan die meeste begunstigdes van ‘n rassistiese moorddadige apartheidsbewind is”.

Malema“Hulle maak herhaaldelik misbruik van die regte waarvoor die bevrydingsbeweging geveg het ten einde ons aandag van ernstige kwessies rondom die ekonomiese emansipering van die swart meerderheid en Afrikane in die besonder af te lei. Ons word nooit geskud nie.

Volgens ‘n berig gister in Beeld, het ‘n onbekende boer van Rustenburg en gesin Suid-Afrika verlede week verlaat uit vrees vir hul veiligheid nadat hy besluit het om die klag teen Malema te lê.

Hul prokureur, Fanie van der Walt, het gesê dat die beskuldigings teen Malema Maandag op skrif aan die internasionale strafhof in Den Haag, Nederland, gestuur is.

Die klagtes hou verband met Malema se singery van “skiet die Boer”, wat deur die Rustenburgse boer geïnterpreteer word as aanhitsing van jeugliga-ondersteuners om volksmoord teen Afrikanerboere te pleeg.

Kort nadat Malema deur die ANC betig is, het die woorde van die liedjie verander na “soen die Boer”.

липецк жгутыЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.