Ferdi Greyling se dwaling in Beeld

Deel op

Van tyd tot tyd gebeur daar iets wat n mens na jou pen laat gryp – soos byvoorbeeld Ferdie Greyling se dwaling vanoggend in Beeld.

Mnr Greyling is van mening die feit dat Engeland die myne in Suid-Afrika afgeneem het en twee Boererepublieke saamgevoeg is as Britse kolonie met die daarstelling van die Unie van Suid-Afrika. Hoewel dit teen die Afrikaner se sin geskied het, meen Greyling: “Maar dit het gebeur en as ’n mens nou terugkyk, was die uitkoms ’n goeie een.”

Greyling beskou 1994 as politieke sukses – “Op albei gebiede is die land vandag n voorbeeld vir baie dele van Afrika.”

Hieruit moet daar dus afgelei word dat dat mnr Greyling die afbreek van landstrukture en infrastruktuur, die plundering van staatsfondse, die besmetting van Suid-Afrika se ondergrondse water, die besmetting van riviere, die vernieting van gesondsheidsdienste, die verval van wet orde, asook blanke volksmoord as voorbeeld vir die res van Afrika voorhou – inderdaad!

Vervolgens beweer Greyling dat die Afrikanervolk die grondwet in 1994 aanvaar het – op watter stadium mnr Greyling?

Die laaste vraag aan mnr Greyling is – wie van sy “twee vriende” is woedend en wie is selfbejammerend? Hy is nie die Afrikaner se vriend nie – en die Afrikaner is nie woedend of selfbejammerend nie – net doelgerig gedetermineerd.

хауз пиломатериалыОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.