Zuma in nog ‘n seksbyenes

Deel op
Nompumelelo Ntuli Zuma, een van die president se vroue, is volgens City Press betrokke in ‘n seksskandaal. Dié koerant is in besit van ‘n ongetekende brief wat allerlei sulke beweringe maak.

Sy is tans in Indië saam met Jacob Zuma waar hy op besoek is.

Die Zoeloeweekblad Ilanga het Vrydagoggend berig oor Ntuli se beweerde ontrouheid, oneerlikheid, ‘n selfmoord en selfs vals kwalifikasies.

Ntuli het kaarblyklik ‘n buite-egtelike verhouding met haar lyfwag, Phinda Thomo van Dobsonville, Soweto, gehad. Sy het hom glo gereeld gesien in Johannesburg.

Die presidentsvrou mag dalk swanger wees met die lyfwag se kind. Thomo het glo selfmoord gepleeg toe die buite-egtelike verhouding bekendgeraak het.

Daar is glo ook toenemend sprake van ernstige huweliksprobleme tussen Zuma en sy tweede vrou, benewens die gereelde poligamiese onmin wat in die president se huishouding heers. Ntuli is in 2008 met die president getroud.

Ilanga het ook berig dat Ntuli as ‘n skoonmaker in ‘n hotel gewerk het, en glo oor geen verpleegsterskwalifikasie beskik soos sy beweer nie.

Die naamlose brief van twee bladsye lank is Maandag na Ilanga se kantoor gefaks.

такое справкалобановский александр интервью

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.