Aristide ry lekker op SA soustrein

Aristide en Mbeki
Deel op

Aristide en Mbeki“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die Suid-Afrikaanse belastingbetalers steeds jaarliks bykans R3 miljoen moet spandeer om mnr. Jean-Bertrand Aristide, voormalige president van Haiti, asook sy familie en gevolg in die land te onderhou,” sê Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus. Mnr. Aristide woon sedert Februarie 2004 reeds langer as ses jaar in Suid-Afrika terwyl ’n nuwe president reeds in Mei 2006 in Haiti ingehuldig is.

Die Suid-Afrikaanse regering spandeer tans maandeliks dieselfde bedrag geld wat ’n Suid-Afrikaanse kabinetsminister kos op mnr. Aristide. Die koste sluit in behuising, vervoer, kantoorpersoneel en veiligheidspersoneel. Hierdie inligting blyk uit ’n antwoord van die Minister van Buitelandse Sake, me. Maite Nkoana-Mashabane, op ’n vraag wat dr. Mulder aan haar in die Parlement gestel het.

Die Minister weier egter, soos haar voorganger, me. Nkosazana Dlamini-Zuma, om openlik te verklaar wat die totale koste vir Aristide se verblyf in die land sedert sy aankoms in Februarie 2004 beloop. ‘n Los beraming van die bedrag kan moontlik soveel as R15 miljoen wees.

 

“Terwyl Suid-Afrikaanse burgers ‘n sukkel-bestaan voer leef Aristide en sy familie in luuksheid. Hy lewer geen bydra tot die ontwikkeling van die land nie, maar leef op die geld van belastingbetalers wat eerder vir ons eie burgers aangewend kon word,” meen dr. Mulder.

 

Aanvanklik is deur die Suid-Afrikaanse regering gesê dat mnr. Aristide net tydelik in Suid-Afrika geakkommodeer word tot na die verkiesing in Haiti . Haiti het op 7 Februarie 2006 ‘n verkiesing gehou waar mnr. Rene Preval as nuwe president verkies is. Mnr. Preval is in Mei 2006 ingehuldig as president van Haiti en het toe reeds in die openbaar gesê dat mnr. Aristide welkom is om na sy land terug te keer.

”Volgens die Minister sal Aristide en sy familie as gaste in Suid-Afrika bly totdat die Afrika Unie, CARICOM (Caribean Community and Common Market) en ongeïdentifiseerde sleutelrol spelers anders besluit het. Indien die rolspelers wil voorskryf dat mnr. Aristide in Suid-Afrika moet bly, moet hulle bereid wees om die koste te dra en dit nie van die Suid-Afrikaanse belastingbetalers verwag nie. Dit is weer eens ‘n nuwe houding jeens Aristide se tydperk van verblyf in die land. Soos die VF Plus aanvanklik gewaarsku het, is die Suid-Afrikaanse regering nou hier vasgevang in ’n situasie wat nog vir jare kan duur en die belastingbetaler nog meer miljoene kan kos sonder werklik enige voordeel vir Suid-Afrika,” het dr. Mulder gesê.

тамбов техноФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.