Afrikanerbond beoog verbetering vir Suid-Afrika

Deel op

Die Afrikanerbond (AB) sal sy invloed gebruik om die ekonomie asook politieke strukture en die justisie-stelsel te versterk en om kulturele bande wyer te smee ten einde die land vir alle burgers te verbeter, het die bestuur Maandag gesê.

Deel op

Die bestuur het die pas afgelope naweek ontmoet vir samesprekings oor die organisasie se toekoms.

In ‘n verklaring oor die besluite wat geneem is, het die AB gesê dat hulle wil werk om die land vir alle Suid-Afrikaners te verbeter, maar dat hulle ook kyk na die beskerming van die Afrikaanssprekende gemeenskap se identiteit, taal en kultuur.

Alhoewel die AB die noodsaak vir regstellende aksie verstaan, is daar kommer dat veral jong Afrikaanssprekendes daardeur benadeel word.

Daar word ‘n program beplan om Afrikaanssprekende jongmense van oorsee terug te lok om hul vaardighede in Suid-Afrika aan te wend.

Daar was onlangs bespiegeling in die Afrikaanse pers dat die AB beplan om hul akte van oprigting te verander sodat die geld in die Christiaan de Wet-fonds voortaan tot voordeel van alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe – en nie net meer eksklusief vir Afrikaners nie – aangewend sal word. Dit het verdeeldheid in die organisasie veroorsaak.

topпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.