Selfs in die oorlogsgeteisterde Darfoer word nuwe maste deur tegnici vir ‘n vale opgerig. Saam met Siemens en ABB beweeg die Suid-Afrikaanse MTN en Kuwaitse MTC in om die mark te bedien. Reeds drie digbevokte lande, naamlik Nigerië, Egipte en Suid-Afrika, word tans as mededingende selfoonafsetgbiede gereken en daarom word alle hoop op lande soos Soedan en die DRK toegespits om die belowende groei voort te sit.
Khaled Muhtadi, van MTC-filiaal Mobitel, verwag binne die volgende drie tot vyf jaar besondere sterk groei in Soedan. "Ons het skaars ‘n mas in ‘n nuwe gebied opgerig, of dit word oorlaai,"sê hy. Op die oomblik spog byna 12% van Soedanese met ‘n selfoon. Die olierykdom in die land skep die stygende aanvraag. Die BBP het van 3% na 6% toegeneem vanaf 2000.
Hoë insetkostes het tot onlangs nog verhoed dat die kontinent se vaste telefoonverbindings uitgebrei word. Omdat apparate en verbindingsmoontlikhede aansienlik goedkoper geword het, is dit baie aantreklik. Veral voorafbetaalde kontrakte is gewild omdat dit klein bedrae behels. ‘n Hele paar spelers is in die Soedanese mark aanwesig waaronder Sudatel en NOW.
Afrika se bevolking is meer bereidwillig as Europeërs om inkomste aan gesels af te staan. In Rwanda spandeer ‘n klant gemiddeld 35% van sy besteebare inkomste om bereikbaar te bly. Die deursnit-Afrikaan spandeer dus soveel op ‘n selfoon soos ‘n Europeër op ‘n huis, terwyl ‘n Europeër slegs 1,5% op ‘n selfoon sal uitgee.