Ras nie ‘n faktor nie, prof Zinn?

Professor Zinn het ernstige bymotiewe met sy uitsprake in Beeld dat ras nie ‘n faktor by misdaad is nie. Ras is wel betrokke by huisrowe en plaasmoorde. Alle huisrowe en plaasmoorde word deur swartes gepleeg. Witmense is in alle gevalle die slagoffers. Die polisie se forensiese afdeling het self in 1998 ‘n verslag uitgebring wat aangedui het dat politiek en ras die hoofkwessie is in die tipe terreuraanvalle teen blankes.

Mandela het die publikasie van die verslag verbied, en die betrokke afdeling in die polisie ontbind en die lede herontplooi. Finance Week het in Augustus die artikel oor die insident gedra met die titel “Old MacDonald gets a bullet”.

Verder het Amerikaanse kundiges en militêre spesialiste bevind dat die tipe beserings wat aan blanke slagoffers gekry word, net in oorlogsituasies voorkom. En nog verder verklaar die professor nie hoekom bykans niks gesteel word nie, en in menige gevalle terloops iets gevat word. Ek hou vol dat die moorde die voorsetting van die ANC se politiek met ander middele is. Waar daar klaar nie geld is om plase te koop nie, is die moord op ‘n boer ‘n maklike metode om die area te ontvolk.

Voor 1994 was die ANC se revolusionêre oorlogstaktiek om plase te ontvolk genoem die “Oil Spot” strategie. Vermoorde boere se leë plase sou soos oliekolle op die water ronddryf, en dan net soos olie op water, eendag aanmekaar skakel, om een groot ‘bevryde’ gebied van vermoorde boere te vorm.

Die ANC het sedert 1994 nog nie van een van sy terreurstrategieë afgesien nie, en dit in teendeel meer gemaak deur terreurwetgewing op die boeke te sit, waarmee burgers geterroriseer kan word. Professor Zinn leef klaar in sy eie droomwêreld. As Suid Afrika hom glo, sal die werklike volksmoordenaars, die ANC, nooit tot verantwoording geroep word nie.

Die ANC is op die voorpunt in die wêreld om ‘n volksmoord te pleeg op verskeie terreine, en het bykans op alle tersaaklike terreine, maatreëls in plek gestel wat die nasionale identiteit en nasionale karakter van die Afrikaners vernietig. Hierdie maatreëls sluit in : plaasmoorde, die inwerkingstelling van hul propaganda as geskiedenis met hul ‘Turning Point” geskiedenis-reeks; die verwydering van Afrikaanse universiteite en skole; die verandering aan NALN, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Navorsing; die verandering aan plekname, streeksname en dorpsname waarbinne baie belangrike geskiedenis van Afrikaners en ander bevolkingsgroepe vervat is; wetgewing rondom regstellende aksie wat n kunsmatige hongersnood by die Afrikaners bewerkstellig het; die vernietiging van
onderwysopleidingskolleges; en baie ander maatreëls wat die massaslagting van Afrikaners teweegbring.

Human Rights Watch meen die ANC is deel van n kliek in die UNHCR, die VN se kommissie van menseregte wat in hul onderskeie lande, grootskaalse menseregteskendings pleeg. Hulle versamelnaam is die ‘abusers club’. En dit sluit lede soos Mugabe, Bashir van Sudan, Viëtnam, Burma, Sjina, Libië, en ander menseregteskenders in. Wanneer prof Zinn dalk wakkerskrik is sy
koffie koud. Ons as Afrikaners is tans gekonfronteer met n georkestreerde poging vanaf die ANC om die nasionale identiteit en karakter van die Afrikaners te vernietig.

Swart terroriste wat treine laat ontspoor is blote ‘stakers’. Dronk Afrikanerseuns wat droogmaak, is ‘terroriste’. Dit is presies die omvang van die gedemoniseerde persepsies wat die ANC regering rondom die Afrikaners huldig en verkondig deur middel van hulle hoofpropaganda instrument,die
SABC. Die wit Afrikanerstam moet sterf, sodat die Suid Afrikaanse volk van kulturele marxiste kan leef. Rustig voortslaap prof Zinn.

игр ы для девочек

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.