Laseropspoorder by vloot gesteel

Deel op

Die minister van verdediging en militêre veterane, me. Lindiwe Sisulu, het erken dat ‘n laser-opspoorder van die fregat, Amatola, gesteel is. Sy het dit erken in antwoord op ‘n amptelike vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement. Die diefstal van die apparaat was reeds aangemeld in Julie 2005, maar ‘n Raad van Ondersoek is eers op 12 Februarie 2008 aangestel om dit te ondersoek. Die waarde van die apparaat is ongeveer R6 500 en niemand is tot op hede daarvoor in hegtenis geneem nie.

“Die diefstal van ‘n sensitiewe apparaat vanaf ‘n fregat van die vloot is reeds kommerwekkend, maar wat kommerwekkender is, is dat ‘n Raad van Ondersoek eers amper drie jaar later ingestel is na die insident. Die hele aangeleentheid getuig nie net van laksheid en ongedissiplineerdheid op grondvlak nie, maar tot op die hoogste bestuursvlak,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging en Militêre Veterane vir die Vryheidsfront Plus.

Die Raad van Ondersoek het aanbeveel dat skrywes van aanmaning aan twee lede gegee word oor die nie-nakoming van oordragprosedures nie. Verdere aanbevelings was dat beter beheer op die brug toegepas word en dat oordragprosedures korrek nagevolg moet word. Die Raad het ook aanbeveel dat ‘n standaard werksprosedure vir die oordrag van skofte opgestel word en dat die apparaat afgeskryf word en vervang word op staatskoste. Volgens die minister is al die aanbevelings nagekom.

детская одежда интернет магазиныФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.